Solitaire se Moose is oorlede

Februarie 13, 2014 in Fotografie, Vakansie

In Namibia, by Solitaire het ek Moose twee keer gesien en met hom gesels.Hy was die ou wat die bakkery daar an die gang gehou het en waar mense van oor die hele aarde kom appelstrudel eet het.

Vandag lees ek in Weg dat die woestyn beer oorlede is.

Dis erg, ons was nog in Desember 2013 daarso en het lekker met hom gesels en die gebak geniet. Ons het sy plek twee keer besoek en op die tweede dag(‘n Sondag) was dit baie laat, verby toemaak tyd. Hy was gelukkig nog daar en het ewe vriendelik ons nog bedien en koffie ook gegee. Twee ander buitelandse meisies het dieselfde behandeling gekry. Ek sal hom nooit vergeet nie, al het ek net twee keer in my lewe met hom gepraat.

Snaaks genoeg was hy so deur die gemoedelikheid baie bekommerd oor wat sy toekoms sou inhou. Hy het net vir die mense daar gewerk en soos ek van hom verstaan het, het hy nie veel gehad wat vir hom sou kon sorg op sy oudag nie.Hy was net 56 jaar oud, as dit as oud geterm kan word in vandag se tyd.

Ter ere van Moose plaas ek vandag my beste foto van ons 2013 Namibia trippie.

Vleie1-180

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lekker rus Moose.

9 antwoorde op Solitaire se Moose is oorlede

  1. Godiva het gesê op Februarie 13, 2014

    Ek glo waneer ons mees ontvanklik is word spesifieke mense oor ons pad gestuur, en kyk nou net hoe het Moose-die-woestyn’beer’ diep in jou hart gekruip met slegs 2 maal se ontmoet.

    Stunning foto.

  2. tina10 het gesê op Februarie 13, 2014

    Sjoe dis foto is besonders

    • Ek moet erken,dis die een wat ek mee spog en beste oor voel. Beplan nog hoe gaan ek dit bemark….en ‘n paar ander wat ek geneem het.

  3. As Weg daaroor skryf moes hy ‘n legende wees.

  4. /Dit is ‘n ongelooflike foto – lyk soos paletwerk op ‘n doek. Dis jammer dat iemand wat in ‘n kort tydjie ander so kan laat spesiaal voel so gou moet groet. Dalk het ander weer by Moose geleer en het ‘n stukkie van sy gemutlichkeit afgegee.

  5. Sjoe, die foto is fantasties! WOW

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.