Namibia vakansie: Dooie vlei
Februarie 4, 2014 in Fotografie, Vakansie
Dit was altyd top van my lysie om Dooi vlei in Namibia te besoek. My vrou reken sy het gebid van die vorige dag af dat ons goeie weer en lig kon kry. Sonder dit kan mens nie goeie fotos neem nie. Weereens is die bewyse daar dat gebede help, want die weer was perfek vir ons. Gebroke wolke, sagte lig en dit het so gebly tot omtrent 12 uur die oggend.
perdebytjie het gesê op Februarie 4, 2014
Ek hou baie van jou eerste foto!Sossus bly een van my gunstelinge.Dis net jammer daar is so baie toeriste.
blikskottel het gesê op Februarie 4, 2014
Ons was gelukkig vroeg daar en daardie dag was daar nie teveel nie.
tina10 het gesê op Februarie 4, 2014
Dit bly maar mooi!
blikskottel het gesê op Februarie 4, 2014
Ja, verseker is dit een plek wat ek weer sal wil besoek.
danie coetzee het gesê op Februarie 4, 2014
Mooi foto’s, maar daar is plek vir nog baie meer.
blikskottel het gesê op Februarie 4, 2014
Ek het nog baie, sal later weer pos.
Henry @kompethenry het gesê op Februarie 4, 2014
Is dit hout of klip?
blikskottel het gesê op Februarie 4, 2014
Hout
fanjan het gesê op Februarie 4, 2014
Lekker fotos van die sanduine, Ek het groot liefde vir die Sahara woestyn. Het nog nie die Namibie duine baie gery nie
blikskottel het gesê op Februarie 5, 2014
Die Namib is fantasties en die duine ry ook. Die Sahara moet ek nog doen.
diefotoman het gesê op Februarie 5, 2014
Mooi plek vir fotos neem, wil graag weer terug gaan om nog n paar by te neem, ek bly dalk sommer oor vir n dag of wat as ek weer daar uitkom.
blikskottel het gesê op Februarie 6, 2014
Volgende keer sal ek ook eerder twee dae spandeer.