Tolle se gat

Januarie 29, 2014 in Belasting, RSA politiek

So ry ons toe vanaf Parys, via Pretoria na Pietersburg en betaal tolhekke dat die klippe spat.

Daarna is ons Kruger wildtuin toe, sonder enige tolle.

Vanaf Kruger oppad terug Parys toe moes ons drie keer opdok.

Die keer is genoeg genoeg. Ek het geen kontrak met die gemors nie en gaan baklei om my geld terug te ry. Hulle dink hulle kan sommer my en elke mens se reg op vry beweging en gebruik van paaie onder algemene reg steel….se gat. Elke mens behoort klein eise hof toe te gaan en die sake aanhangig te maak Dit ks tog niks en as 50000 sake loop, gaan iemand verseker iewers begin sweet. ONS is tog nog die base van ons land, nie die idiote in die regering nie. Wanneer gaan ons dit begin uitleef? Eers as ons almal van die honger loop vrek?

10 antwoorde op Tolle se gat

  1. Elly het gesê op Januarie 29, 2014

    Vrees … vir wat KAN gebeur. Mense is oor die algemeen soos ‘n trop skape: follow the leader. Die antwoord is dan natuurlik logies. Get the right leader. Ky k na Hitler … Bin Laden … Iemand wat kan kommunikeer met oortuiging – en ons het wat ons wil he.

  2. jy ken van p*^p teen donderweer?
    en die wet van Transvaal.
    ek sien nie wegkomkans van hierdie volskaalse gemelk van die wat nog ietsie het nie

  3. Die verspreiding van die belastinglas in ‘n sosialistiese staat sluit maar net tolhekke ook in, bo en behalwe die reeds bestaande lisensies, eiendomsbelasting , BTW, verskeie verskuilde heffings , persoonlike PAYE , ens.

    Burgerlike ongehoorsaamheid in die vorm van ‘n passifistiese weiering om ENIGE belastings te betaal, en die gelde eerder in ander private trustrekeninge te stort, waaruit noodsaaklike dienste onderhou word , is waarskynlik die enigste antwoord ?

  4. tina10 het gesê op Januarie 30, 2014

    Betaal is die wet van Transvaal!

  5. Verkoop jou kar. 😆

    • Hoekom, dis my reg om ‘n kar te besit en te gebruik. Dis ook my reg om nie ander toe te laat om my te beroof en my regte te probeer inperk of steel nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.