Namibia vakansie: Swakopmund

Desember 31, 2013 in Fotografie, Vakansie

Sal so paar blogs doen en fotos wys van alles wat ek in Namibia afgeneem het…met kommentaar soos ek dinge kon sien.

Dus, nommer 1 Swakopmund.

Ons het 4dae in Swakop deurgebring en in Meika’s gastehuis oorgebly. Ek het die 4 dae baie geniet, behalwe vir twee ervarings, die een wat ek moer duur betaal het vir ‘n stukkie lasanja wat nie eers ‘n klein Yorkshire terrier sou kon vul nie..en die een waar ‘n Duitse antie openlik aan die ontbyttafelgesit en kerm het oor hoe ongeskik alle Suid Afrikaners(basies blankes) nou eintlik is. Natuurlik het die idioot nie geweet my vrou verstaan Duits nie, nog minder dat daar Boere mense ook in die gastehuis was nie. Gelukkig het ek my beteul en haar nie aangevat nie, al was dit ook net om my vrou se onthalwe.

1DSC_0159 1DSC_0005 1DSC_0100 1DSC_0154 1DSC_0157

 

 

12 antwoorde op Namibia vakansie: Swakopmund

  1. Pragtige foto’s! Sommige Namibiers het ‘n tjip op die skouer oor Suid-Afrikaners…soms met rede ook,want jy kry mense wat hul gewig hier kom rondgooi,alles kritiseer en hovaardig neersien op alles,omdat dit nou nie so vinnig gaan soos daar in SA nie.Ek veralgemeen nie,maar jy kry ook die spulletjie met hul 4×4’s wat orals infoeter en kwaad word as hul aangespreek word.

    • Die was Duitse toeriste. Oor stadiger en agter die tyd, feite is feite en Namibia moet gemeet word aan normale standaarde. Hulle vra verseker bo normale pryse. Hoe sal mense dinge reg maak as hulle nie bewus raak van die probleme nie? Ek is mal oor die plek, maar ooknie blind vir die probleme nie en glo my dis probleme wat later hulle aan die gat gaan byt. Geleenthede dink ek egter is daar baie as mens goeie diens lewer en hard werk…daarom dat ek soontoe wil skuif.

  2. vega het gesê op Desember 31, 2013

    Mooi foto’s.

  3. Plek het gegroei van ons daar was in 75…

    • Ja, dalk te vinnig want ek hoor die riool stelsel is soms omder groot druk. Ek dink ook hulle sit op ‘n moerse property prys bubble en iewers gaan mens baie geld verloor.

  4. Ons wil in die nabye toekoms daar draai gaan gooi, en jy het my sopas oortuig om werk te maak om vroete gaan as later

  5. tina10 het gesê op Desember 31, 2013

    Die foto’s bietjie donker na my smaak… dis net ‘n mening

  6. mooi foto’s van ‘n mooi plek.

  7. Dit is ‘n lieflike plek!

  8. Swakopmund is ‘n betowerende dorp. Deur jou in te hou, het jy die tante verkeerd bewys 🙂

  9. Hoe verlang ek nou, ek dink dit is tyd ek besoek weer daardie deel.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.