Kenia, toe ons nog daar kon vakansie hou.

Desember 27, 2013 in Internasionale politiek, Misdaad, Vakansie

FOTO

So paar jaar terug het ons Kenia besoek en dit was fantasties. Nou met die Moslems wat ook die land aanval en onstabiel maak, dink ek daardie land en sy mense gaan nog baie pyn verduur. Dis so ‘n mooi land, maar met so baie boosheid in hom en om hom,…..ai tog.

FOTO??????????

Okay, ek gee oor..hoe op aarde kan ek ‘n link plaas sodat die foto direk hierso wys en nie net die bleddie link nie….

11 antwoorde op Kenia, toe ons nog daar kon vakansie hou.

  1. tina10 het gesê op Desember 27, 2013

    Waar is die foto?

    • Ek weet nie hoe om die link te plaas sodat die foto wys nie. Soos dit werk wys die link en dan gaan jy na die website waar dit gestoor is om die foto te kyk en dit is nie wat ek soek nie. Ek wil net die foto direk op my blog kan sien.

  2. Ai tog. Die magstryd kry ook nie end nie. Destyds het die Moslems beskerming aan die inwoners al teen Afrika se ooskus af gebied teen Vasco da Gama en sy span Christene wat met hul kanonne die hel uit die plaaslike inwoners geboelie het. Die voorwaarde vir beskerming was dat hulle ook Moslems moes word, die dat daar vandag so baie Moslems in Oos-Afrika is.

  3. Die stomme man, vrou, kind en dier op die grond wat onder al hierdie oorloë moet ly.

  4. Bruggie het gesê op Desember 27, 2013

    Het jy die film Out of Africa gesien ? Meryl Streep en Robert Redford

  5. Die geskiedenis neem sy loop.Ons gewone aardlinge is magteloos daarteen.

    • Negatief, hulle lieg net vir jou oor dit. Eintlik het jy baie mag en krag, jy’s ‘n koning se kind, dus ‘n prinses. Jy moet net wakker word en so optree.

  6. Op oukersdag is die Duitse ruiterstandbeeld in Windhoek verwyder nadat dit reeds voorheen eenmaal verkuif is . . . Afrika se nasionale sosialisme ( uhuru ) steeds in volle swang.

    ( is dit JBM Hertzog se piepklein standbeeld wat moes plek maak vir die 9 meter Mandela beeld voor die Unie Gebou ? )

    Bram Fischer se naam pryk nou bokant Bloemfontein se “internasionale” lughawe , wat aanvanklik die JBM Hertzog lughawe geheet het …

    Ad infinitum

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.