Kersfees 2014

Desember 25, 2013 in Uncategorized

Die Kersfees bring ek op see deur. In ons werk gebeur dit soms maar so en ek is al half gewoond aan dit. Die gevolg is dat ons maar ons fees hou as ons dan weer bymekaar is.

Die komende een gaan erg anders wees aangesien albei ons kinders nou uit die huis is…behalwe party naweke wat hulle kom moedermelk drink en klere gewas moet kry he he.  Aan die een kant pla dit my nie, maar aan die anderkant sien ek uit na tye net met my en die blondie.

Dit daargelaat, tenminste kry ons moerse lekker kos aan boord oor Kersfees en nuwejaar…en flippen baie van dit ook.

Mag almal wat die stukkie lees se Kersfees net so geseend wees en mag die nuwejaar se suksesse jou oorrompel in oormaat.

8 antwoorde op Kersfees 2014

  1. tina10 het gesê op Desember 25, 2013

    Dis darem goed om te hoor van die kos. Sterkte en mag die laat Kersfees vol vreugde wees

  2. Dieselfde vir jou ook!

  3. Twaksak het gesê op Desember 25, 2013

    Jou ook!

  4. helaas is daar altyd seker goed wat in stant gehou moet word wat veroorsaak dat die heelal sem nese nie almal kan agteroor sit en fees vier nie.
    Geniet die lekker kos

  5. Jis is jy alweer terug oppie skip – nouiedag was jy nog in Wndhoek!

  6. Klink na ‘n moeilike werk…altyd van die huis af weg!Maar dan is die weersiens soveel soeter en waardeer mens mekaar weer.Lekker eet.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.