Tema: Rooi

Desember 17, 2013 in Temas

CM260

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Duitswes Wals
Dans met die Rooirok

Randall en Koba Wicomb

Inleiding

Duitswes is lekker, Duitswes is goed.
Duitswes is vol van die boertjie se bloed.
Al trek ons sonder water, al trek ons sonder kos.
Dan weet ons die boertjies die gaan ons verlos.

Dans met die rooi rok, die hartlam van my.
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai.
Dawid de Lange se orkes, Haai! Haai!
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai.

Ons kommandantjie is ‘n klein Joubert.
Hy trek met ons haastig, hy trek met ons ver.
Hy trek deur die bosrand met ‘n grote gevaar.
Ons hempies is stukkend, ons broekies is klaar.

Dans met die rooi rok, die hartlam van my.
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai.
Dawid de Lange se orkes, Haai! Haai!
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai.

Klein kommandantjie en ‘n groot generaal.
Hulle trek met ons daar uit ou Wes Transvaal.
Ons drink eers ‘n sopie, dan gaan ons weer weg.
Dan gaan ons ook moedig teen die platpote veg.

Dans met die rooi rok, die hartlam van my.
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai.
Dawid de Lange se orkes, Haai! Haai!
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai.

My diertjie die huil nou, haar hartjie die blus.
Haar soetlief is nie hier nie, maar ver in Duitswes.
Duitswes word donker, Duitswes word goed.
Duitswes word donker, van die Germanse bloed.

Dans met die rooi rok, die hartlam van my.
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai.
Dawid de Lange se orkes, Haai! Haai!
Dis die rooi rok, dis die moi rok, dis die rooi rok wat swaai.

Dans met die rooi rok, die hartlam van my.
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai.
Dawid de Lange se orkes, Haai! Haai!
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai.

Musiek en lirieke deur Randall Wicomb – Uitgewer TRC Musiek

10 antwoorde op Tema: Rooi

  1. Bruggie het gesê op Desember 17, 2013

    Viva Randall. Viva Rooi Rok

  2. hou ook van die mooi skoene wat meisiekind aan het.
    (jy spog ook maar lekker nè 😛 )

  3. tina10 het gesê op Desember 17, 2013

    Bly maar mooi …die rooi!

  4. Mooi nooi in die rooi!

  5. Elly het gesê op Desember 17, 2013

    Baie unieke rok. Sy lyk stunning.

    • Sy het self die basiese idee uitgedink en toe saam met ‘n bekende ontwerper gewerk om dit verder te vat en uiteindelik te maak. Ek’s baie trots op haar en met goeie rede. Volgende jaar gaan sy BCS Akturele wetenskappe swot…eintlik my grootste rede tot trots.

  6. Ag ,sy is pragtig!Jy kan maar bietjie spog!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.