Vakansie opdatering

November 22, 2013 in Vakansie

Doelbewus het ek so paar dae helemal van die lug en kuberspasie verdwyn. Ons ry nog in Namibia rond en het al Windhoek, Omamruru, deur Etosha en tot weer op Otjivarongo gevorder. Een ding merk ek op, eintlik twee, Namibiese dorpe is skoon en die paaie in puik toestand. Dis ‘n groot plesier om hier rond te ry, sonder om bekommerd te wees oor padkraters en ‘n oormaat minibus taxis(vleibomme op wiele).

Opmerklik is ook dat swart mense hierso op een van twee maniere optree teenoor ons: Of baie vriendelik, of erg nors. Bedelaars en daggakoppe pla ook so nou en dan maar ons praat net Fanagalo met hulle en dan los hulle ons uit.

Ons besoek vir jare al gereeld koffie winkels en restaurante en eerlikwaar vind ons dat Namibia sin so 10-20 jaar agter die kurwe van SA is. Dis of hulle iewers in die 70’s vasgehaak het op baie plekke. Tenminste is alles skoon en die kos is tog heel smaaklik. Duidelik is hier groot Duitse (blanke) invloed en my gevoel is dat dit ook maar al is wat die land red van totale ondergang. Al wat leef en beef kla ook oor die Sjinese wat teen tempo snot die land binne kom.

Ons gaan nou so paar dae op ‘n lodge net buite Okhandja deurbring en daarna is dit Sossuvlei en dan Swakopmund vir 4 dae. Die laaste twee aande gaan ons weer in Windhoek wees en dan die 2de Desember is ons oppad huistoe. 20 dae in Namibia gee ons darem genoeg kans om nie soos mal hase rond te jaag nie.

Waneer ek tyd het sal ek paar fotos oplaai. Etoshas se diere het redelik mooi saamgespeel, alhoewel ek dink die plek is hoogs oorgewaardeer, veral gemeet teen wat in Kruger gesien kan word. Ek het ook verskeie Europese besoekers hoor kla dat dit wat die bemarking wys, ver verwyder is van die werklikheid.

Groetnis…en koop tog e skyfies, moenie ncuntla fotos plaas nie en wees gehoorsame ANC onderdrukte slawe…..he he, ek gaan geen van die goed ooit doen nie.

 

10 antwoorde op Vakansie opdatering

  1. Dankie vir hierdie lekkerlees Namibiavakansieresensie .

    Sien jy nou , my toekomsteorie/samesweringskomplotpostulaat is tog besig om te realiseer ~ oorlog tussen Duitsland se vierde ryk en die nuwe Sjinese wêreldmoontheid is in die vooruitsig en Afrika gaan die prakiese skietbaan wees. Die boere moet maar hul plase en eiendom verkwansel, voordat eiendomsreg finaal verval, en in Badger-voertuie belê waarin uitgekamp kan word en waarmee op hierdie vasteland rondbeweeg kan word tussen die grusame lokvalle en asemrowende watergate.

  2. Jys reg,Etosha kom nie by die Kruger nie,maar dis ‘n ander ervaring in ‘n ander tipe omgewing en jy moet dit so beskou.Brosjures en videos skep altyd ‘n vals beeld.
    My e-tol skyfie is lankal op sy plek vasgeplak.Jy gaan lekker toustaan nog voor Krismis!

  3. tina10 het gesê op November 22, 2013

    Ek is bly julle geniet dit.

  4. O jou vakansie klink fantasties!

    Ek kan nie wag om die foto’s te sien nie!

  5. Klink alles heerlik !

  6. Klink heerlik! Geniet en wees veilig. Ooh die koffiewinkeltjies daar maak heerlike Duitse eetgoedjies. Mooi wereld

  7. Julle het al ver gery, en daars nog ‘n klomp myle voor…

    🙂

  8. lora2me het gesê op November 22, 2013

    O, dit klink na ‘n heerlike rondloop vakansie. Geniet dit. Wat jou laaste paragraaf aanbetref, moenie bekommerd wees nie, ek is eintlik ‘n “closet” rebel.

  9. Twaksak het gesê op November 23, 2013

    Mense sê Botswana is net so skoon. Is dit omdat Khama ‘n wit ma gehad het?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.