Groot verrassing

November 14, 2013 in Fotografie, Vakansie

My vrou maak toe my vakansie deur sommer reguit saam met my Namibia toe te vlieg. So, hier is ons nou in Windhoek. Ons bly altyd eers so ‘n dag of wat op een plek om grond te vat en hierso gebruik ons maar die tyd om die plek te verken. Windhoek is skoon, dis een ding wat ek dadelik kon opmerk. Nog its was dat alaml Afrikaans of Duits praat. Selfs die wat Ingels inval slaan dadelik oor as hulle hoor ons is Afrikaans.

Ook opmerklik is dat dit moer droeg is hierso. Die botaniese tuin was een groot teleurstelling, selfs die aalwyne vrek en val om van droogte. Die nasionale museum sal ek nie eers adverteer as ek die regering is nie. Die Transnamib museum by die stasie was egter ons besoek werd. Die plek werk goed en bied baie inligting en raai wie beheer dit? ‘n Duitser, dus geen wonder dit gaan beter as met baie ander plekke nie.

Raai gerus watse plant is dit die?

DSC_0004

 

4 antwoorde op Groot verrassing

  1. Lekker,geniet julle vakansie.Dit lyk na ‘n baie stekerige plant daai!

  2. lora2me het gesê op November 14, 2013

    ‘n Droë halfmens? Julle moet lekker saamkuier.

  3. Wat daai ding ook al is – hy lyk gestress!

  4. Geniet dit! Een of ander kaktusplant?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.