Laaste dag…dan vakansie.

November 10, 2013 in Fotografie, Vakansie

Wel uiteindelik het die laaste dag van my 6 weke werkstrippie aangebreek. 6 weke is nie ‘n grap op see nie, maar die keer was dinge darem redelik normaal en het ons geen groot probleme ervaar nie.

Die visse het ook mooi saamgespeel en ek kon darem my liefde vir visvang vir ‘n slag tenvolle uitoefen, iets wat nooit tuis gebeur nie. As ek tuis is, is daar net teveel dinge wat my aandag verg.

More oggend vlieg ek eers per helikopter na Soyo, dan met vaste vlerk na Launda waar ek een nag in ‘n hotel moet oorbly. Die volgende dag SAA tot op Johannesburg, weer een nag oorslaap om die volgende more vroeg Namibia toe te vlieg vir 3 weke vakansie. Al wat ek nognie weet nie is wanneer presies my vrou by my gaan aansluit. Hopelik hang har lus om by my te wees ook uit, he he he

My dogter het haar bestuurders lisensie ook gekry, sommer met die eerste probeer slag. Die hoor van dit het my net weereens laat besef dat ons bab nou groot is en een van die dae uit die nes is…..dis nie die heel lekkerste gevoel nie, maar ook nie sleg nie.

Sal pos uit Namibia, hopelik met paar mooi fodies ook.

 

10 antwoorde op Laaste dag…dan vakansie.

  1. geniet jou vakansie

  2. tina10 het gesê op November 10, 2013

    Ai jy gaan dit baie geniet.
    Wanneer is haar eksamen verby? Ek hou nog duime vas. Baie geluk met die lisensie
    Kan jy nie direk van Namibia vlieg nie?

    • My maatskappy wou nie die kaartjie verander nie…maar toe vlieg vrou sommer saam en dit was baie beter. Haar laaste dag is die 20ste, maar sover smile sy al die pad.

  3. maryna het gesê op November 10, 2013

    Jy moet veilig reis en jy en jou pragtige vrou moet dit geniet. Ek het gelees julle gaan weer op honeymoon. Sien uit na die fotos, soos altyd.

  4. lora2me het gesê op November 10, 2013

    @blikskottel Iets om na uit te sien vir julle twee. Geniet die aftyd.

  5. Ek het al kommentaar hier gelos maar lyk my iets het skeefgeloop. Ek het eintlik gesê ek is jaloers en dat jy dit vreeslik moet geniet!

    Ek sien uit na die foto’s.

    Veilige reise Blikskottel!

  6. Lekker!

    Geniet dit!

  7. Geniet elke oomblik en gooi namens my ‘n klippie in die see daar by Swakopmund!

  8. Geluk met jou dogter se lisensie en geniet die vakansie! 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.