Gatvol vir dit wat rassisme laat manifesteer.

November 7, 2013 in Internasionale politiek, Misdaad, RSA politiek

Vanmore lees ek die Mense regte kommissie wil nou weer ‘n ondersoek doen in een of ander Noordwes skool oor rassisme wat blykbaar voorkom. Die groot probleem is dat die idiote en hul ANC base geen clue het oor wat rassisme is nie en nog minder hoe om dit te stop.

Rassime is niks anders as ‘n baie ou “trait” wat mense ontwikkel het om te oorleef nie. baie van die goed is nog in ons, alhoewel ons dit nie gereeld sien nie, of nodig het nie. Iets sos die “Fight or flight” meganisme is nog so baie ou ding wat in ons DNA is. Dit manifesteer net onder seker kondisies.

Rassisme is presies ook so, as die regte kondisies voorkom dan manifesteer dit. Duidelik kom daardie kondisies aanhoudend in RSA voor en ook in alle multi kuturele samelewings. In bv Suid Korea sal jy nooit hoor van dit nie aangsien almal presies van die selfde volk is en daar geen druk en kompetisies tussen groepe is nie. RSA is natuurlik presies die teenoorgestelde en sover ek kan sien gaan ons nooit rassisme stop om te manifesteer nie.

Wat is van die kondisies wat dit laat manifesteer?

1. Volke wat landgebied moet deel

2. Kompetisie vir kos, geld ens

3. Druk op kultuur en taal.

4. Bedreiging van persoonlike veiligheid, veral waar dit blyk van een groep op ‘n ander gemik is.

5. Waneer volke politieke beheer oor hulself verloor.

Daar is nog baie meer, maar dis die groot goed wat altyd rassisme laat manifesteer. Selfs baie klein kindertjies wat so onskuldig voorkom manifesteer dit sonder dat enige iemand hulle iets vertel oor die onderwerp. Hoe sou sulkes inelkgeval eers die konsep verstaan sou jy dit probeer verduidelik?

Dis egter so dat dit politici en ideologiese ingineurs wat nou rondhardloop dit nooit sal erken nie en dus sien ek net meer en meer kakkas uitbreuk.

 

7 antwoorde op Gatvol vir dit wat rassisme laat manifesteer.

  1. lora2me het gesê op November 7, 2013

    As elke tweede opmerking en aanmerking as rassisme beskou word, sal dit nooit ophou nie. Die Amerikaners wat al ‘n langer pad as ons met hul integrasiebeleid loop, sit nog met daardie probleem. Miskien moet daar ‘n vak op skool wees waar kinders die verskil tussen rassisme en bv. bloot kritiek of andersheid kan leer. Ons mense het hipersensitief vir dooie woorde geword.

  2. Jy gaan nie veel reaksie kry nie, want hier is mense wat glo dat dit nie bestaan nie en net agterlike Afrikaners hulle daaraan skuldig maak. Groot ontnugtering wag.

  3. tina10 het gesê op November 7, 2013

    mmmmmmm as jy so sê!

  4. Lora het ‘n uitstekende plan,maar wie gaan nou daarvoor val?

  5. Jy soek nie skoor nie, jy soek net soort ; want soort soek soort, soek soort, soek soort . . .(vervang ‘jy’ met ‘ek’ of ‘sy’ of ‘hy’ of ‘ons’ of ‘julle’ ) In hierdie soeke hoef niemand kwaad te wees as die uitsonderin g ook soms geld nie, want soort soek welliswaar soms nie soort nie . Hoe keelvol moet iemand nie wees nie, as sy/haar in hom/haar se eie mense ‘n diepe renons kry ? @blikskottel

    Rassisme se definisie bly : ‘n persoon van ‘n sekere ras maak hom/haar daaraan skuldig as so ‘n persoon van mening is dat ‘n persoon van ‘n ander ras noodwendig minderwaardig geag word ….

    • Daardie is ‘n definisie wat geen basis in wetenskap en waarheid het nie. Dis geskep deur politici en ideologies ingineurs wat die mensdom wil oorheers en beroof.
      Dus sit ons nou met die gemors deur hulle veroorsaak, plaas van die waarheid sien en aanvaar en planne maak wat kan werk.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.