Tema:Tekstuur

November 5, 2013 in Temas

Ek is nou nie een van die tekstuur kenners nie. Vir my is musiek die ding wat my regtig diep raak, maar daar is so paar teksture wat ek baie van hou.

1. My vrou se sagte hare en vel

2. Flennie materiaal

3. Diere se velle

Maar my foto vir die tema is egter iets heel anders:

Pynappel04

12 antwoorde op Tema:Tekstuur

  1. exi het gesê op November 5, 2013

    sjoe dit is baie bai mooi – kan as ‘n vergroting beslis teen ‘n sagte muur in iemand se voorhuis hang ( wonder net altyd hoekom so ‘n heerlike soet en sappige vrug ‘n pynappel moet heet ?)

    • Ek kan die vergroting verskaf teen goeie pryse. Gedruk op foto paier, muurpapier, canvas ens ens. Laat weet gerus wat jy benodig…

  2. tina10 het gesê op November 5, 2013

    Sjoe die foto is mooi! Jy moet ‘n keer vir my bietjie opleiding gee!

  3. vega het gesê op November 5, 2013

    Ek HAAT flennie 🙂 Wyseman hou van satyn

  4. Jis wat is dit? Lyk amper soos ‘n vrot pynappel se skil, maar dit is nie…

  5. lora2me het gesê op November 5, 2013

    Die pyn van pynappelskille? Dis baie mooi.

  6. Dis darem wonderlik hoe al mens se sintuie saamwerk om groot lekkerte te verskaf! Ek hou van jou foto!

  7. die foto spreek gewis van ‘n aanvoelbare tekstuur

  8. Dit lyk soos maanmannetjies met ‘n helmit op

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.