Nog net paar dae oor in Namibia
November 29, 2013 in Fotografie, Vakansie
Wel sover was ons Namibia vakansie heel skaflik. Dinge tussen my en vroulief het so met tyd net beter geraak…seker ook maar omdat ons in die kar was oor lang tye en lang afstande. Ons spandeer maar min tyd by mekaar vanwee my werk, so die ding was regtig ‘n challenge.
Vanaand is ons laaste aan in Swakopmund en more ry ons Winhoek toe waar ons nog twee aande gaan oorstaan en dan is ons oppad huistoe. Een ding het ons agtergekom en dit is dat die lotte hierso op Swakop maar donners ongeskik en kortaf is. Die vriendelikes is daar ook, maar hulle bleik min te wees. Die restaurante vind ek ook duur met swak waarde vir geld, of dalk kies ons net verkeerd. Die Jetty ene was darem heel skaflik en ons kos was puik en genoeg. R71 vir een klein stukkie lasanja by die plek met 22 in sy naam was verregaande…verseker gan Tripadvisor hoor en een kakkerige rapport kry vir hulle.
Ek plaas maar so paar fotos:
Sossusvlei
Onlangse kommentare