Jy blaai in die argief vir 2013 Oktober.

Oor wette en vryheid

Oktober 12, 2013 in Belasting, Internasionale politiek, Misdaad, RSA politiek

Daar is net een goue wet:

Moenie aan enige iets of iemand skade doen nie.

Enige ander wet(statuut) is net daar om ons te beroof of kriminele van ons te maak en daardeur ons vryheid weg te roof.

“As soon as laws are necessary for men, they are no longer fit for freedom.”
― Pythagoras ..,

 

Die piramides, nuwe “feite”

Oktober 11, 2013 in Fotografie, Internasionale politiek, Snaaksighede

Ek het nog nooit geglo dat tradisionele Afrikane die piramides gebou het nie. Daar is verskeie redes hoekom ek so dink waarvan ek bv een hier gaan uitlig.

Progressie is iets wat duidelik gesien kan word in enige beskawing wat tegnologies vooruitgaan. In Egipte is daardie progressie nie teen woordig nie. Een oomblik in tyd is hulle in die steen en brons tydperke en toe skielik bou hulle massiewe piramides. Al manier hoe dit kon gebeur is as daardie tegnologie en idees deur iemand anders na Egipte gebring. Verseker het dit nie van suide van Egipte af gekom nie, want daar was bokkerol om van te praat wat ooit gebou was.

Dan wonder ek of enige iemand iets soos daardie piramides kon bou sonder rekenaars? Daardie ding het ek uiteindelik uitgesorteer en hier is die bewys. Nogal draadloos ook en die instruksies is op die  ding aangebring vir almal om te kan lees.

Mice

Tema :Klip

Oktober 9, 2013 in Fotografie, Misdaad, RSA politiek

Bok van Blerk se woorde val my vanmore toe by:

“Soos ‘n rots bly ‘n nasie staan”

Die vraag is of jy ‘n rots is of net sand wat weggewaai word.

Die foto het ek onlangs in Pilansberg geneem.

Kwa1-12

In die getalle en persentasies is die waarheid

Oktober 7, 2013 in Misdaad, RSA politiek

As julle een van die hoof redes wil weet hoekom dinge so kakkerig gaan in die land, kyk hierna.

census_2 census_1

 

 

 

 

Dis duidelik dat die bevolking net te groot is vir land om dit suksesvol te onderhou. Selfs al verdeel ons alles gelykop sal almal flippen arm wees en krepeer. Ongelukkig besef meeste mense nognie dat 10 kinders ‘n erg slegte idee is nie. Dit lei tot die situasie dat meeste mense snags of teel of steel. Zuma doen glo albei gelyk en baie volg seker hom maar na.

Groen

Oktober 5, 2013 in Uncategorized

Vandag net een ding:

Skree tog vir die Bokke

Kwa2-103

vandag, groot asb!!!

en as jy sukkel

Skreeu op die ref!!

Hoekom ek teen etol en all tolgelde is

Oktober 3, 2013 in Belasting, Misdaad, RSA politiek

Elke mens het die reg om rond te beweeg sonder enige hindering. E-tol en tolhekke breek daardie reg af.

Onder algemen reg (common law), het elke mens die reg om die land se paaie te gebruik vir sy privaat vervoer en vervoer van sy privaat goedere sonder enige onkoste of verhindering. Let wel, die wat paaie gebruik om geld te maak, soos taxi’s, vervoer maatskappye, ja selfs die verkeers polisie, moet betaal vir daai voorreg en tol gelde mag dus op hulle gehef word.

Verder kan geen mens in enige kontrak in gedwing word nie en die presies wat die regerings gemors aan ons probeer doen.

Hulle kan loop bollie, maar dit sal ek nooit doen nie.

So ter inligting lees ek die raak:

If ever a judge understood the public’s right to use the public roads, it was Justice Tolman of the Supreme Court of the State of Washington. Justice Tolman stated:

“Complete freedom of the highways is so old and well established a blessing that we have forgotten the days of the Robber Barons and toll roads, and yet, under an act like this, arbitrarily administered, the highways may be completely monopolized, if, through lack of interest, the people submit, then they may look to see the most sacred of their liberties taken from them one by one, by more or less rapid encroachment.” Robertson vs. Department of Public Works, 180 Wash 133, 147.

The words of Justice Tolman ring most prophetically in the ears of Citizens throughout the country today as the use of the public roads has been monopolized by the very entity which has been empowered to stand guard over our freedoms, i.e., that of state government.

en

“The Right of the Citizen to travel upon the public highways and to transport his property thereon, either by horse drawn carriage or by automobile, is not a mere privilege which a city can prohibit or permit at will, but a common Right which he has under the right to life, liberty, and the pursuit of happiness.” [emphasis added] Thompson vs. Smith, 154 SE 579.

en

“There can be no sanction or penalty imposed upon one because of this exercise of constitutional Rights.” Snerer vs. Cullen, 481 F. 946.

Streets and highways are established and maintained for the purpose of travel and transportation by the public. Such travel may be for business or pleasure.

“The use of the highways for the purpose of travel and transportation is not a mere privilege, but a common and fundamental Right of which the public and the individual cannot be rightfully deprived.” [emphasis added] Chicago Motor Coach vs. Chicago, 169 NE 22; Ligare vs. Chicago, 28 NE 934; Boon vs. Clark, 214 SSW 607; 25 Am.Jur. (1st) Highways Sect.163.

en

nou wonder ek waarom ons how nog nooit uitsprake soos die gemaak het nie. Nog erger hoekom is sake nog nooit voor hulle gebring om hulle te dwing om ons regte te beskerm deur uitsprake soos die nie!

Alles is in die fyn detail.

Oktober 2, 2013 in Fotografie

My dogter se matriek afskeid rok het baie fyn detail op gehad en vandag wil ek dankie laat weet aan almal wat haar droomrok help maak het.

CM278CM178CM190CM284

 

CM185

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

CM416

 

 

 

 

 

Links bo: My liewe vrou wat elke keer rondgery gery het en seker gemaak het alles loop reg.

Middel en regs bo: Meer detail van die rok. Die voering aan die binnekant is handgeverfde sy en die kunstenaar se handtekening was tot op dit aangebring.

Links onder: Werner Day, die ontwerper en sy twee stiksters. Hulle is die ware heldinne om all daai foutjies te moes stryk en al die blommetjies ens te moes op plak en vaswerk.

Regs onder vlnr: Louise: grimering, Mariette: Hare, my oog appel, Werner: ontwerper, Lizette: naels

Laaste en nie die minste nie: Lourica wat nie daar kon wees nie wat die naels so mooi versorg en gedoen het. Tanja van Koffie kan in Parys wat lekker eetgoed verskaf het tydens die finale aantrek sessie.

Die een in die kar is Danie, ons seun wat sy sussie se chaufeer was. Kar verskaf deur JB van Rolling Thunder in Johannesburg.

Een ding is seker, ek is baie bly die hele storie is agter die rug…maar dit was meer as die geld en moeite werd.

 

Tina se spreekwoord uitdaging

Oktober 1, 2013 in Misdaad, Snaaksighede

‘n Ou pel van my het lank terug die een gehad. Ek en hy was oppad vir ons eerste grens trippie toe hy dit vir my vertel.

“Doen aan ander voor hulle dit aan jou doen.”

Vir my klink dit na iets wat menigte soldaat se lewe kon en nog kan red. Die vraag is hoe dit gewone mense kan help teen al die gemors uit regeringskringe, uit die banke, regs-stelsel ens ens.