Tema: Emosie

Oktober 25, 2013 in Temas

Daar’s party goed van my pa wat ek onthou wat my sommer so lekker gemoedelik laat voel as ek daaraan dink:

1. Hy het elke more geskeer, kompleet met Minora lemme en ‘n skeerkwas.

2. Niemand was nie ‘n teiken vir sy draakstekery nie.

3. Elke keer as hy iemand geklap het, het die ou vir ‘n lang ruk  nie opgestaan nie.(Gelukkig het ek dit net twee keer gesien)

4. Hy het Boeremusiek baie geniet (die swart mense oorkant die pad het nie)

5. Party Saterdag oggende het ons saam gaan hare skeer.

6. Braaivleis het hy altyd in ‘n skottelskaar gemaak, nooit oor kole nie.

 

10 antwoorde op Tema: Emosie

  1. Ek wonder wat ek eendag sal onthou van my pa?

    Like jou inskrywing Blikskottel!

  2. tina10 het gesê op Oktober 25, 2013

    mmmmmm… hoekom klap jou pa mense? Ek sal maar wye draaie om jou moet loop!

    • Hy het nie die einde van sy krag geken nie, maar was van nature baie rustig en ‘n terg gees. Hy kon egter onregverdigheid nie hanteer nie en as jy met sy gesin gesukkel het, nou ja dan het jy op jou moer gekry. Sal later daai twee stories vertel, waar ek self gesien het at hy kon doen.

  3. lora2me het gesê op Oktober 25, 2013

    Dis die klein oomblikke se herinneringe wat die kosbaarste is.

  4. Ai dis lekker as mens sulke goeie herinneringe het!

  5. Lyk of daar twee soorte mense is – die skaarbraaiers, en die ander.

    Ek is een van die ander.

    🙂

  6. Lekker daai skeermes met die skeerkwas..laat my ook aan my pa dink!

  7. Jy het aangename herinneringe! 🙂

    • Absoluut. Ek dink my ouers het ons kinders baie beskerm en ons het nooit van die moeilike tye geweet nie. Hulle was gewone werkersklas mense, maar ons het nooit honger gaan slaap nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.