Die piramides, nuwe “feite”
Oktober 11, 2013 in Fotografie, Internasionale politiek, Snaaksighede
Ek het nog nooit geglo dat tradisionele Afrikane die piramides gebou het nie. Daar is verskeie redes hoekom ek so dink waarvan ek bv een hier gaan uitlig.
Progressie is iets wat duidelik gesien kan word in enige beskawing wat tegnologies vooruitgaan. In Egipte is daardie progressie nie teen woordig nie. Een oomblik in tyd is hulle in die steen en brons tydperke en toe skielik bou hulle massiewe piramides. Al manier hoe dit kon gebeur is as daardie tegnologie en idees deur iemand anders na Egipte gebring. Verseker het dit nie van suide van Egipte af gekom nie, want daar was bokkerol om van te praat wat ooit gebou was.
Dan wonder ek of enige iemand iets soos daardie piramides kon bou sonder rekenaars? Daardie ding het ek uiteindelik uitgesorteer en hier is die bewys. Nogal draadloos ook en die instruksies is op die ding aangebring vir almal om te kan lees.
tina10 het gesê op Oktober 11, 2013
Dit het ook nie van die Noorde gekom nie… Dalk uit die Ooste?
blikskottel het gesê op Oktober 11, 2013
Negatief, ek het dit by ‘n Egiptenaarw at saam met my werk gekry.
perdebytjie het gesê op Oktober 11, 2013
Dit lyk eerder soos ‘n gebalsemde-gunsteling-troeteldier-skilpad wat dalk saam met een of ander Farao in sy grafkelder begrawe is! 😆
blikskottel het gesê op Oktober 11, 2013
Lyk dalk so, maar is dit so? Dalk nie.
maryna het gesê op Oktober 11, 2013
UItstekend.
Henry @kompethenry het gesê op Oktober 12, 2013
Nice!
Carol R @ Losbek het gesê op Oktober 12, 2013
Interessant! 🙂