Tema: Hout
Oktober 31, 2013 in Fotografie, Temas
Oktober 31, 2013 in Fotografie, Temas
Oktober 29, 2013 in Fotografie, Vakansie
Een van die dinge wat ek as kontrakwerker doen is om ‘n sekere hoeveelheid dae uit RSA te wees ten einde my blootstelling aan diefstal deur SARS sover moontlik vry te spring. Dus gebruik ek altyd so twee of drie weke om vakansie te hou in die buiteland en die jaar gaan ons Namibia toe.
Ek geniet vakansie beplanning, maar as vroulief nie weet waneer presies sy kan Namibia toe vlieg nie, raak dit eintlik ‘n straf. Ek gaan drie weke daar wees en soos dit nou lyk, sy net vir twee en daai twee weke gaan ons saam gatskuur en soveel moontlik kyk.
Week 1: Windhoek gaan ek verken so op my eie…maar eintlik net rus na ek 6 weke op see was en hard gewerk het.
Dan as vroulief aanland…
Windhoek: 2 nagte
Sossusvlei:2 nagte
Swakopmund: 2 of 3 nagte
Omaruru: 1 nag
Etsosha: 3 of 4 nagte
Okahandja: 1 nag
Dis snaaks hoe daar altyd te min dae is as mens ‘n groot land mooi wil bekyk. Ons sal maar die suide op ‘n volgende trippie moet besoek. Ek gaan hopelik darem mooi fotos geneem kry en sommer net ‘n lekker tyd sam met my vrou deurbring. Soms is dit goed om sonder kinders of enige iemand anders te wees wat ons tyd in beslag neem en ons het die tyd nodig om te praat oor die toekoms.
Oktober 25, 2013 in Temas
Daar’s party goed van my pa wat ek onthou wat my sommer so lekker gemoedelik laat voel as ek daaraan dink:
1. Hy het elke more geskeer, kompleet met Minora lemme en ‘n skeerkwas.
2. Niemand was nie ‘n teiken vir sy draakstekery nie.
3. Elke keer as hy iemand geklap het, het die ou vir ‘n lang ruk nie opgestaan nie.(Gelukkig het ek dit net twee keer gesien)
4. Hy het Boeremusiek baie geniet (die swart mense oorkant die pad het nie)
5. Party Saterdag oggende het ons saam gaan hare skeer.
6. Braaivleis het hy altyd in ‘n skottelskaar gemaak, nooit oor kole nie.
Oktober 23, 2013 in Temas
Oktober 22, 2013 in Temas
Oktober 21, 2013 in Temas
Die een is nie so maklik as wat dit lyk nie. Dus probeer ek die ding afbreek:
Gunsteling vrou: My eie vrou
Gunsteling kinders: My eie tjinners
Gunsteling musiek styl: Afrikaanse rock
Gunsteling flieks: Goeie komedie
Gunsteling boek: Bybel (en Hiebreeuse een om alles te bekyk uit ‘n ander oog.)
Gunsteling plek: Waar my vrou ookal is.
Gunsteling kar: My Nissan 1400
Gunsteling kleur: Swart en grys( alhoewel hulles seker nie “kleure” is nie.)
Gunsteling klere: Jannas
Gunsteling vakansie plek: Enige plek waar ek saam my vrou kan gatskuur.
Gunsteling TV program: Geen, maar ek geniet “History channel”
Gunsteling akteur: Geen
Gunsteling aktrise: Hilary Swank, na ek haar in “Million dollar baby” gesien het.
Gunsteling sport: Boks (Man teen man met so min moontlik reels)
…….gunsteling tyd verdryf….he he he, my vrou sal kwaad word as ek dit uitlap.
Sal later van my gunsteling fotos blog…
Oktober 19, 2013 in Belasting, Misdaad, RSA politiek
Die reserve bank druk Rande en leen dit aan die regering. Die regering moet dit terug betaal met rente.
Die probleem is dat die reserve bank nie die Rande druk vir die rente nie. Dus, hoe gaan die rentes betaal word? Maklik, hulle vat jou bates.
Hoe so ‘n siek stelsel ooit deur mense aanvaar was is vir my onverstaanbaar.
Tegnies is alle lande wat ‘n sentrale of reserwe bank het dus bankrot aangesien hulle nie die geld het om die rentes te betaal nie. Daardie geld bestaan doodeenvoudig nie.
Oktober 16, 2013 in Temas
Oktober 15, 2013 in Internasionale politiek, Misdaad, RSA politiek
http://www.fin24.com/Economy/Consumers-debt-troubles-set-to-grow-20131014
Dit lyk voorwaar of die meeste mense basies bokkeroll vrugte pluk van die sogenaamde vyheid wat 1994 aangebreek het. Die Boere word uitgemoor, die middelklas en armes skeit onder eindelose belastings en skuld en die enigstes wat nis omgee nie is die ryk politici en groot maatskappye.
E-toll het bv klaar kar huur maatskappye laat besluit om die koste doodeenvouding by hul pryse te sit. Maatskappye soos hulle, is sover ek kan sien, vyande van ons die mense. Sasol is ook so ‘n vyand, aangesien hulle niks bydrae om die swaarkry te verlig nie. Die lys is seker eindeloos as mens daarna kyk en dis maak my siek. Dis tyd om doodeenvoudig Sasol te boikot. Ons het tog ander opsies en kan dit maklik doen as ons saamstaan. Daar sal bloed in hulle vergaderings wees, maar aan die einde sal hulle die regering dwing om te herbsin oor belastings op petrol en diesel.
Nattuurlik sal dit nooit gebeur nie want saamstaan is nie deel van die land se kultuur nie. ‘n Verdeelde lot mense op die stuk aarde verdien seker niks anders as swaarkry nie.
Oktober 14, 2013 in Internasionale politiek, Misdaad
Dis net te goed om waar te wees.
In die Batman fliek “The Dark Knight Rises” wat maande voor die Sandyhook slagting uitgekom het, wys ‘n man na ‘n kaart genaamd “Strike zone” en wys na Sandyhook.
Sy woorde: “we can start to figure out how to bring it down.”
http://digitaljournal.com/article/339489
Vir jare al glo ek dat niks gebeur sonder dat nie beplan word nie en die hele ding is nie beplan deur die arme sot wat die daad gepleeg het nie, dis verseker.
Onlangse kommentare