Die aarde het geflop….maar die manne nie.

September 30, 2013 in Fotografie

Ek en vroulief het Woensdag aan die “Riders from the storm” musiek aanbieding gaan kyk by Aardflop. Sal verduidelik hoekom flop…daar was geen musiek tussen die stalletjies nie en mens moes maar sit en jou duur kos afwurg sonder enige vermaak. Die hekgelde was ook moer hoog wat verseker baie mense verhoed het om iets by die stalletjies aan te skaf. Ek is seker van die oormaat kos stalletjies het baie ouens ook geen of min wins gemaak nie.

Die aanbieding wat ons gaan kyk het was fantasties. Daar is darem niks soos regte musikante wat goeie musiek speel en sing nie.Hier is so fotos was ek geneem het. Sal later ook fotos plaas van die Saterdag aan se Afrikaanse konsert en kommentaar lewer oor dit.

Aardklop1599 Aardklop1132 Aardklop1133 Aardklop1154 Aardklop1221 Aardklop1274 Aardklop1316 Aardklop1383 Aardklop1441 Aardklop1578

 

 

5 antwoorde op Die aarde het geflop….maar die manne nie.

  1. tina10 het gesê op September 30, 2013

    Ek het gehoor alles was so duur dat mense nie na die vertonings kyk het nie? Dan ontaard dit in net ‘n vlooimark?
    Mooi foto’s weereens… hoe naby aan die verhoog was jy ?

    • As jy die ingangs geld betaal het kon jy die aand shows ook kyk. Ek was tweede ry van voor in die golden circle en het my nuwe Nikor 300mm lens gebruik.

  2. vega het gesê op September 30, 2013

    Ek het gehoor die toegang is R90. Was lanklaas daar, maar het gehoor hulle wil dit Pretoria toe skuif. As hierdie jaar ‘n flop is het hulle ‘n rede om te skuif en dit sal jammer wees. Potch se atmosfeer was nog altyd nice en alles was relatief naby mekaar.

    • R90 ja, maar vir die golden seat area was dit R150.0 Maak nie saak hoe ek daarna kyk nie, dis flippen duur vir ‘n hele gesin. Ek hoop ook maar dit bly in Potch.

  3. Ja! Ek was ook daar. Dit was min of meer die HOOGTEPUNT van my hele jaar! Wonderlike foto’s!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.