Veranderinge, ai tog.

September 29, 2013 in Uncategorized

Met ons jongste wat volgende jaar ook universiteit toe gaan, is verandering iets wat ons nou erg aan ons basse voel. Met haar matriek afskeid het ek met een moerse slag besef sy is nie meer ons klein dogtertjie nie. Die tyd het gevlieg of teminste voel dit so.

Hopelik kan vroulief nou dinge aanpak wat sy maar moes uitstel die laaste paar jare. Dis vebasend hoeveel tyd kinders in beslag neem voor hulle skool verlaat.

Verder het my plan om nie meer in die buiteland te werk na die kinders weg is nie, in die slag gebly. Ek dink vroulief is bang vir die idee om my heeltyd naby te he. Ek neem haar nie kwalik nie, aangsien ons maar op ons beste ‘n vet en vuur kombinasie is. Ons baklei net so lekker as wat ons vir mekaar lief is ook….nie die ideale toestand nie,maar dit is wat dit is end ie jaar is ons 15 jaar getroud. Iewers moet ons dus iets reg doen ook.

Groete uit ‘n koel Angola…ja selfs die locals hier wonder wat gaan aan met die weer.

8 antwoorde op Veranderinge, ai tog.

  1. Ek het twee seuns op universiteit. Dit kos ‘n arm en ‘n been!

  2. tina10 het gesê op September 30, 2013

    Aha jy was die keer darem ‘n lekker lang ruk tuis? Sterkte vir die volgende skof!

  3. Jy’s n eerlike ,opregte donner, Blikskottel.

  4. Dit verander die hele tyd – dit hou net op verander as jy die houtsuit aantrek…

  5. Sjoe is die weer tot DAAR op sy kop? Hier is dit vandag behoorlik winter.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.