Seun vang honeurs

September 14, 2013 in Uncategorized

So vang seun toe honeurs, wel eintlik het hy dit laasjaar al gevang, maar was in Finland as uitruil student. Volgende jaar is dit meestersgraad ontvang. Volgende jaar gaan doggie ook PUK toe vir BSC Akturiele wetenskappe….maer jare gaan dus nog voort die kant, he he.

12 antwoorde op Seun vang honeurs

  1. @blikskottel
    Baie geluk aan jou seun – aan jou en jou gesin. Vir ‘n ou se kinders is die maer jare draaglik, veral as hulle so goed presteer.

  2. tina10 het gesê op September 14, 2013

    Baie geluk. Ek is bly jy was darem in SA vir die okkasie… Dis lekker as mens so trots op jou kinders kan wees
    😆

  3. vega het gesê op September 14, 2013

    Dis regtig iets om op trots te wees. Geluk! My 2e skoonseun het ook uiteindelik sy Meestersverhandeling (Finansiele bestuur) ingehandig vir finale evaluering. Hy het voltyds gewerk, hulle het ‘n kind gekry en in die middel van sy navorsing het sy dosent beroerte gekry, dit was ‘n nagmerrie.

  4. Baie geluk. Julle kon die foto maar bietjie nader geneem het, sodat ons die familie darem beter kon onderskei.

  5. Baie geluk! Jou kinders is slimkoppe!

  6. van maer jare weet ons al te goed – genadiglik gee jongste Maandag sy M verhandeling in!!!! Ons kan al effens begin asemhaal want hy het sommer goeie werksaanbieding alreeds ook aanvaar

  7. Jy mag maar trots wees. Baie geluk!

  8. Baie geluk Jongste is ook op Potch.

  9. Sjoe dis fantasties! Baie geluk!

  10. Baie geluk,dis ‘n groot prestasie.Julle is ‘n mooi gesin!

  11. Geluk. Jy kan trots wees!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.