Die aarde het geflop….maar die manne nie.
September 30, 2013 in Fotografie
Ek en vroulief het Woensdag aan die “Riders from the storm” musiek aanbieding gaan kyk by Aardflop. Sal verduidelik hoekom flop…daar was geen musiek tussen die stalletjies nie en mens moes maar sit en jou duur kos afwurg sonder enige vermaak. Die hekgelde was ook moer hoog wat verseker baie mense verhoed het om iets by die stalletjies aan te skaf. Ek is seker van die oormaat kos stalletjies het baie ouens ook geen of min wins gemaak nie.
Die aanbieding wat ons gaan kyk het was fantasties. Daar is darem niks soos regte musikante wat goeie musiek speel en sing nie.Hier is so fotos was ek geneem het. Sal later ook fotos plaas van die Saterdag aan se Afrikaanse konsert en kommentaar lewer oor dit.
Onlangse kommentare