Aan die mense van Siria

Augustus 26, 2013 in Internasionale politiek, Misdaad, RSA politiek, Snaaksighede

Liewe mense van Siria

Ek kry julle baie jammer, al is dit so dat julle ook maar lekker kakkas aanjaag en julself in verknorsings inhelp. Ek dink ou allah waartoe julle so kerm en kla lag lekker want dis sy en ander duiwels se werk om mense se lewens hel te maak. Hoekom dan wag vir later as die ou donner sommer nou al dit kan doen. (Moet ooknie aleen voel nie, moker die arme Farao’s net so hard.)

Ek verstaan ook nie hoe die sogenaamde leiers( dose sover dit my aangaan), van lande wat sogenaamd vry is, dink nie. Smaak my hulle will eers chemiese wapens sien gebruik word voor hulle dink om julle te help. As ek julle is het ek lankal so paar poepbomme losgelaat in elke local moskee. Chemies is dit darem ook mos en niemand sal doodgaan nie, maar dink net hoe opgewonde gaan Obummer wees om julle te kom help. Julle mag dalk selfs hulp kry van die Rooinekke af, dis nou as hulle Queen nie nog verhogings soek om haar lang lys huise op te gradeer nie.

Die ANC regime hier uit my geweste gaan julle nie help nie, behalwe nou om sou nou en dan bek te skiet, ook maar net omdat hulle Israel haat. Sien, met die dat hulle verskonings vir soldate so betrokke is in CAR en daai ander Afrika bastion van poepollokrasie, Kongo, moet julle maar jul man staan so op julle eie.

Groete en bid maar vir die beste. Wie weet dalk is die storie oor die 77 virgens en 5 jong seuns tog waar…

 

3 antwoorde op Aan die mense van Siria

  1. tina10 het gesê op Augustus 26, 2013

    Jy is moeilik…

  2. Daai mense ly vreeslik. Ek gun dit vir niemand nie. Om nie eers van die diere te praat nie. Dit breek my hart!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.