Julle is almal uitgenooi Parys in die Vrystaat toe.

Augustus 15, 2013 in Fotografie

Hier is jou perfekte verskoning om ons mooi dorpie Parys te besoek. Ek en my fotograaf pel sal julle afneem ook. Geen verskonings word aanvaar nie.

24 Augustus 2013 vanaf 09h00 begin ons. Jy kan antrek soos jy wil. Een stuk swemdrag vir dames is aanvaarbaar. Hulle kan self kies watter stuk van die bikini hulle wil dra. Mans mag ook kom. Hulle mag kyk ook, maar moet betaal en ook self fotos laat neem. Jy mag pelle saambring en hulle moet ook betaal en fotos laat neem. As jy pelle bring is jy ‘n spesiale gas….sonder byvoordele.

Parys is ‘n lekker plek en jou besoek sal hoog waardeer word.

14 antwoorde op Julle is almal uitgenooi Parys in die Vrystaat toe.

  1. “Hulle kan self kies watter stuk van die bikini hulle wil dra.”

    Hehehehe!

    🙂

  2. tina10 het gesê op Augustus 15, 2013

    Ek het al agtergekom dat mens nie te veel mens gelyk moet hê nie. Veral as daar ‘n kwasi amateur fotograaf by is… hulle bedoel dit baie goed maar weet alles altyd en maak nie ‘n geheim daarvan nie. Sterkte

  3. Ek sal die kostjum aantrek wat my sus vir my gegee het. Ek is die een met die balaklava op ! 😉

  4. Jislaaik – en dan is daar nie eers Boerewors en Bier nie – dis te ver Parys toe vir net fotos!

    🙂

  5. En as ek ‘n bikini wil dra….

  6. maryna het gesê op Augustus 16, 2013

    Ah nice! Wat is die tema song? Money for nothing and chicks for free? 😉

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.