Ek hoor gereeld elke werk het by voordele. As ek bv tuis is, werk ek vir ‘Lovey-do Company” en die byvoordeel is dat ek saam met die eienaar van die besigheid mag wakker bly….
Andersins as ek hier op see is, is die byvoordeel dat ek kan visvang, iets wat ander mense R100000 voor moet betaal.

Bruggie het gesê op Augustus 12, 2013
Wat word van die visse, Blikskottel ?
blikskottel het gesê op Augustus 12, 2013
Ons gooi meeste terug, maar die twee en nog 3 ander is kos vir ons almal hier.
tina10 het gesê op Augustus 12, 2013
Sug… dis nou fyn spog die! 🙂
blikskottel het gesê op Augustus 12, 2013
Elke man mag mos bietjie so maak.
rosiemetdorings het gesê op Augustus 12, 2013
goeie vangs
monicahaddad het gesê op Augustus 13, 2013
Dis omtrent ‘n duisend viskoekies daai!
blikskottel het gesê op Augustus 14, 2013
Die 2 grotes gee kos vir 120 mense. Ons chefs hier is baie goed met vis en maak verskeie disse van dit.
Henry @kompethenry het gesê op Augustus 13, 2013
Jis daai visse lyk lekker – is die goed gesond, of is hulle besoedeld?
blikskottel het gesê op Augustus 14, 2013
Spekvet en erg gesond. Ons is in 2000m water en ver van land af so daar is geen besoedeling nie. Die see lewe is eintlik verbasend baie.
maryna het gesê op Augustus 13, 2013
Wat ‘n nice foto! @blikskottel
blikskottel het gesê op Augustus 14, 2013
Dankie, ons probeer maar fotos neem van goeie vangste…kan dalk eendag by my kleinkinners spog.
Net Ek @ cbl1979 het gesê op Augustus 13, 2013
Wow, dis moerse visse.
Ek weet niks van visse nie. My kennis strek sover tot die vis in die boks wat ek in Pick ‘n Pay koop. Met die degie om. En sonder grate. (En ja, ek weet, tien teen een eet ek nog haaie en walvisse en en en)
Maar die visse lyk sommer net wow!
🙂
blikskottel het gesê op Augustus 14, 2013
Big eye tunas en die verskil tussen hoe hulle smaak en boksvis es massief.
Carol R @ Losbek het gesê op Augustus 13, 2013
Sjoe! Bielies!