Wat maak mense meer gelukkig? My 10 lysie….vir nou.

Augustus 11, 2013 in Uncategorized

Na aanleiding van praatjies vanmore op BBC

Hier is wat my gelukkiger sal maak:

1. Geen party politiek
2. Totale omkeer van die bank en geld sisteem
3. Kastrasie en lewenslange tronkstraf(met dwang arbeid), vir alle verkragters, korrupte regerings amptenare, diere mishandelaar en ontvoerders
4. Geen belasting heffings op mense, maar slegs op maatskappye
5. Geen wette sonder slagoffers
6. Verbanning van rap en al daai tipe musiek
7. Om my stokperdjies baie meer gereeld te kan beoefen.
8. Om vir ou mense vermaak te verskaf.
9. Dat mense nie hul wil op my wil afdwing nie.
10. My vrou en kinders eendag net goeie goed van my sal onthou.

14 antwoorde op Wat maak mense meer gelukkig? My 10 lysie….vir nou.

  1. maryna het gesê op Augustus 11, 2013

    Interessant Blikskottel, omdat dit ook die kwelvrae waarmee die groot filosowe worstel, omvat. Wat sou jy in die plekke van 1 en 2 wou sien, as ek mag vra? @blikskottel

    • 1. Volksraad. (kan egter net korrek werk in homogene staat. MAW mense in kiesafdekling verkeis hul MP en hy stem presies soos hulle wnese is, of word afgedank. gee party kan dus die emnse se stem stilmaak nie.

      2. Geen FIAT geld. Slegs ware lenings van ware wettige geld(maw goud, platunum etc)

  2. tina10 het gesê op Augustus 11, 2013

    hehehehe… sommiges sal net ‘n droom bly.

  3. Klink goed! Bejaardes trek swaar …… gratis ouetehuise vir hulle!

    • Absoluut, dis tog hoe dit moet wees. Dis waarvoor belastings moet gaan en nie vir salarisse, Nkandlas en allehande ander kak wat net die massas idiote in die regering bevoordeel nie.

  4. Twaksak het gesê op Augustus 11, 2013

    Sjoe, dog amper jy wil raps varban…

  5. 6 is ‘n bietjie rof – mens het die drek ook nodig dat jy kan bly wees virrie ander…

  6. berwick het gesê op Augustus 11, 2013

    Wat beteken “Geen wette sonder slagoffers”?

    • Voorbeeld: Jy ry te vinnig. Het dit enige iemand skade berokken of beseer? NEE, dus is dit ‘n wet wat jou in krimineel verander sonder dat daar ‘n slagoffer is. Dis tipies statute deur politici gemaak om die staat te veryk. MAW, plundering van die populasie. RSA het letterlik duisende sulke statute.

  7. voorkoming is beter as genesing @blikskottel

Los ’n antwoord vir berwick. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.