10 dae van vasbyt

Augustus 8, 2013 in Fotografie, Snaaksighede

Ek het nog 10 dae oor om vas te byt voor ek huistoe gaan. Gelukkig is ek redelik besig en so gaan die tyd op see gouer verby, of so voel dit.

Ek het darem so paar foto sessies om na uit te sien, maar meestal sien ek uit om net by vroulief te wees. Daar is mos niks soos agter haar rug wakker word nie. Met die dat dit winter is kry sy erg koud, met die lae bloedruk ding, so ek speel verwarmer as ek daar is. Ek kla ook nie, dis prettig die hele verwarmer idee. (Sy weet verwarmers moet ingeprop wees om te werk0

Lank terug was ek en sy uitgenooi na ‘n 4×4 naweek deur my swaer. Ons het nie so ding nie maar met sy gekerm en kla, gaan ons toe maar. Die slaap plekke was bungalows met 4 enkel beddens elk. Nou in Venterburg area is winters nie grappies nie en daai naweek val toe juis op een moer koue tyd. Vrou kerm en kla en so slaap ons toe maar saam op een enkel bed om haar lewe te red. Ek moes omtrent Rachel de Beer speel.

Sondag tydens die prys uitdeling wen ons toe die prys vir die meest verliefde paartjie…en almal wil weet hoe ons dan so op die enkelbed saamslaap en glo my dit was sulke regte baie nou kamper enkel bedjies. Die ou tannies het amper hul vals tanne ingesluk na my antwoord:

Maklik, soms is ek bo en dan is vroulief weer bo.

8 antwoorde op 10 dae van vasbyt

  1. tina10 het gesê op Augustus 8, 2013

    Nou sê ek nie ‘n woord meer nie…

  2. Bruggie het gesê op Augustus 8, 2013

    Hulle moet jou nie op tannies met tanne loslaat nie, Blikskottel.

  3. Twaksak het gesê op Augustus 9, 2013

    Liefde is inderdaad bo. Vasbyt, Boet!

  4. There is no place like home!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.