Jy blaai in die argief vir 2013 Augustus.

Fotos van ons Bike Bonansa foto sessie.

Augustus 28, 2013 in Fotografie

Laat weet gerus wat julle dink…

Aan die mense van Siria

Augustus 26, 2013 in Internasionale politiek, Misdaad, RSA politiek, Snaaksighede

Liewe mense van Siria

Ek kry julle baie jammer, al is dit so dat julle ook maar lekker kakkas aanjaag en julself in verknorsings inhelp. Ek dink ou allah waartoe julle so kerm en kla lag lekker want dis sy en ander duiwels se werk om mense se lewens hel te maak. Hoekom dan wag vir later as die ou donner sommer nou al dit kan doen. (Moet ooknie aleen voel nie, moker die arme Farao’s net so hard.)

Ek verstaan ook nie hoe die sogenaamde leiers( dose sover dit my aangaan), van lande wat sogenaamd vry is, dink nie. Smaak my hulle will eers chemiese wapens sien gebruik word voor hulle dink om julle te help. As ek julle is het ek lankal so paar poepbomme losgelaat in elke local moskee. Chemies is dit darem ook mos en niemand sal doodgaan nie, maar dink net hoe opgewonde gaan Obummer wees om julle te kom help. Julle mag dalk selfs hulp kry van die Rooinekke af, dis nou as hulle Queen nie nog verhogings soek om haar lang lys huise op te gradeer nie.

Die ANC regime hier uit my geweste gaan julle nie help nie, behalwe nou om sou nou en dan bek te skiet, ook maar net omdat hulle Israel haat. Sien, met die dat hulle verskonings vir soldate so betrokke is in CAR en daai ander Afrika bastion van poepollokrasie, Kongo, moet julle maar jul man staan so op julle eie.

Groete en bid maar vir die beste. Wie weet dalk is die storie oor die 77 virgens en 5 jong seuns tog waar…

 

Tyd om te werk en tyd om te rus.

Augustus 18, 2013 in Snaaksighede

Vandag is die laaste dag van my huidige Angola werksrotasie. 28 dae, poer in sy kanon in en ou gaan ek huistoe vir ‘n salige 6 weke.

Net so ou grappie oor die ou wat ook so baie weg werk van die huis af. Blykbaar bel hy  toe so kort voor hy oppad huistoe is en hy hoor sy vrou klink soos die hond se gat. Het jy ‘n parra in jou keel of griep vra hy? Vrou antwoord nee sy is nie siek  nie, so dis seker maar ‘n parra in die keel.

Toe die punchline uit sy hart:

“Nou sorg net dat daai parra op die regte plek is as ek tuis kom”

Groetnis aan almal vir so rukkie tot ek eers weer my voete gevind het…..letterlik en figuurlik.

Egipte, opgeneukte ou beskawing.

Augustus 17, 2013 in Internasionale politiek

Deesdae is dit net Egipte en so nou en dan ou belasting dief, Malemma wat die nuus oorheers. Oor Egipte wonder ek net hoe de hel het so ‘n ou land met so ‘n ou beskawing tradisie dit reg gekry om in hul huidige toestand te beland?

Ek sien twee hoof oorsake:

1. Toe hulle oorgegee het aan die moslem se stelsel van beheer en denke.

2. Toe hulle begin meng het met volke uit lande suid van hulle.

Van daar af was alles net afdraande en met die absolute mag wat die weermag in hulle onlangse geskiedenis ontwikkel het sien ek net nog baie groter probleme voor vir hulle.

 

Julle is almal uitgenooi Parys in die Vrystaat toe.

Augustus 15, 2013 in Fotografie

Hier is jou perfekte verskoning om ons mooi dorpie Parys te besoek. Ek en my fotograaf pel sal julle afneem ook. Geen verskonings word aanvaar nie.

24 Augustus 2013 vanaf 09h00 begin ons. Jy kan antrek soos jy wil. Een stuk swemdrag vir dames is aanvaarbaar. Hulle kan self kies watter stuk van die bikini hulle wil dra. Mans mag ook kom. Hulle mag kyk ook, maar moet betaal en ook self fotos laat neem. Jy mag pelle saambring en hulle moet ook betaal en fotos laat neem. As jy pelle bring is jy ‘n spesiale gas….sonder byvoordele.

Parys is ‘n lekker plek en jou besoek sal hoog waardeer word.

Hoekom het Dingaan vir retief laat vermoor?

Augustus 14, 2013 in Misdaad

From the diary of Rev. F. Owen (and the accounts of Zulu affairs by the interpreters,
Messrs. Hully and Kirkman), the following events transpired:
“The following morning, about ten messengers that had travelled all night from the
capital, arrived at the mission station of James Brownlee, requesting him to interpret
for king Dingaan.
“They said that William as well as Mr. Hully, my own Interpreter, were not here and
that Thos. Halstead, the Beers Interpreter was at Capt. Gardiner’s, a palpable lie, for
he was here when the messenger left on Sunday evening, and I tremble to say
is now amongst the number of the slain: so the natives to say tho’ Dingarns servant
this morning informed me he was not to be killed. The reason for this call from
James Brownlee is mysterious, he is a boy and the king likes him; for what end he
should have sent in so unaccountable a manner and with such haste is surprising.
On Mr. V’s arrival he was surprised to see the Doer (sic. Boer) guns under the trees
and the natives handling them freely, but they themselves not to be found
but described as having gone a hunting, etc.

At length Umthlela the Indoona told him
that the Beers were killed. Mr. Venable made no reply, and the savage, remorseless
Indoona asked him if he did not thank the king for having killed them.”

Nou hoekom sou die indoena dit gevra het, behalwe as hy verwag het dank was nodig vir iets wat hulle deur die koning wou gedoen he? Duidelik het die Britte Dingaan oortuig en aangehits om Retief en sy mense te vermoor, ten einde seker te maak die britte het geen kompetisie in Natal van die Boere af nie.

Byvoordele

Augustus 12, 2013 in Snaaksighede

Ek hoor gereeld elke werk het by voordele. As ek bv tuis is, werk ek vir ‘Lovey-do Company” en die byvoordeel is dat ek saam met die eienaar van die besigheid mag wakker bly….

Andersins as ek hier op see is, is die byvoordeel dat ek kan visvang, iets wat ander mense R100000 voor moet betaal.

Wat maak mense meer gelukkig? My 10 lysie….vir nou.

Augustus 11, 2013 in Uncategorized

Na aanleiding van praatjies vanmore op BBC

Hier is wat my gelukkiger sal maak:

1. Geen party politiek
2. Totale omkeer van die bank en geld sisteem
3. Kastrasie en lewenslange tronkstraf(met dwang arbeid), vir alle verkragters, korrupte regerings amptenare, diere mishandelaar en ontvoerders
4. Geen belasting heffings op mense, maar slegs op maatskappye
5. Geen wette sonder slagoffers
6. Verbanning van rap en al daai tipe musiek
7. Om my stokperdjies baie meer gereeld te kan beoefen.
8. Om vir ou mense vermaak te verskaf.
9. Dat mense nie hul wil op my wil afdwing nie.
10. My vrou en kinders eendag net goeie goed van my sal onthou.

Die vroue in my lewe (vir vrouedag)

Augustus 9, 2013 in Uncategorized

Ek is baie geseend as dit kom by die vroue in my lewe. Ek dink omdat hulle min is, is ek nog meer geseend. My vrou, my dogter, skoonma en suster en dan som paar naby familie wat gelukkig redelik ver woon is meer as genoeg vir my.

Hier is hulle in volle glorie, die krone op my lewe. Hulle gee my gryshare en maak my soms erg moerig, maar ek wil niks en niemand anders as net hulle nodig nie.

10 dae van vasbyt

Augustus 8, 2013 in Fotografie, Snaaksighede

Ek het nog 10 dae oor om vas te byt voor ek huistoe gaan. Gelukkig is ek redelik besig en so gaan die tyd op see gouer verby, of so voel dit.

Ek het darem so paar foto sessies om na uit te sien, maar meestal sien ek uit om net by vroulief te wees. Daar is mos niks soos agter haar rug wakker word nie. Met die dat dit winter is kry sy erg koud, met die lae bloedruk ding, so ek speel verwarmer as ek daar is. Ek kla ook nie, dis prettig die hele verwarmer idee. (Sy weet verwarmers moet ingeprop wees om te werk0

Lank terug was ek en sy uitgenooi na ‘n 4×4 naweek deur my swaer. Ons het nie so ding nie maar met sy gekerm en kla, gaan ons toe maar. Die slaap plekke was bungalows met 4 enkel beddens elk. Nou in Venterburg area is winters nie grappies nie en daai naweek val toe juis op een moer koue tyd. Vrou kerm en kla en so slaap ons toe maar saam op een enkel bed om haar lewe te red. Ek moes omtrent Rachel de Beer speel.

Sondag tydens die prys uitdeling wen ons toe die prys vir die meest verliefde paartjie…en almal wil weet hoe ons dan so op die enkelbed saamslaap en glo my dit was sulke regte baie nou kamper enkel bedjies. Die ou tannies het amper hul vals tanne ingesluk na my antwoord:

Maklik, soms is ek bo en dan is vroulief weer bo.