Wat ek doen om my brood te verdien

Julie 30, 2013 in Uncategorized

Mense vra my gereeld wat ek doen as ek so op see werk. Ek is ‘n Beheer sisteem ingineur, maar vir meeste mense vertel ek net dat ek met rekenaars werk en dan is hulle tevrede. Die detail en tegnologie waarmee ek werk is net doodeenvoudig ver bo wat meeste mense van weet of kan verstaan.

‘n Ander manier om te verduidelik is dalk; As ek in die vlieg industrie gewerk het, sou ek die ou wees wat die auto-pilot funkises ontwerp, bou, prgrameer en onderhou. Maw, ek werk op die stelsels wat industire en prosesse beheer.

Maar, sonder om nou myself of my werk op te blaas, hier is paar videos wat die huidige projek waaraan ek werk bietjie wys.

http://www.bp.com/en/global/corporate/press/features/in-numbers-the-psvm-project-in-angola.html

Hier is ook iets om te wys waar ek my bevind.

http://www.marinetraffic.com/ais/default.aspx?mmsi=311010200&centerx=10.73248&centery=-6.240338&zoom=10&type_color=8

Groete vanaf die oseaan langs Angola.

12 antwoorde op Wat ek doen om my brood te verdien

  1. tina10 het gesê op Julie 30, 2013

    hehehehe … met ander woorde jy doen nie veel nie As die goed werk, werk dit mos sommer vanself en dan hoef jy net te sit en dit dophou? …*koes*

    • Tegnologie verander aanhoudend en ons moet heeltyd by bly en opgradeer. Dan breek goed ook maar met tyd en ons probeer ook heeltyd die prosesse beter maak en beheer.Laastens doen ons opleiding en probeer idiote voorkeer voordat hulle goed opneuk. Glo my ons is besig…ja koes beter jy.

  2. Blikskottel….. jy’s een van daai SLIM ouens nê..!

  3. Bruggie het gesê op Julie 30, 2013

    Was ek 30 jaar jonger sou ek graag saam werk.

    • Ek was 35 toe ek op die olie en gas bedryf beland het maar voor dit het ek paar ander lande ook in gewerk. Tanzania, Mali, Suid Korea, Holland ens ens…ek is gelukkig om te sunkontrakeer vir ‘n beheer sisteem maatskappy wat my die geleenthede gee. Soos ek ouer word kom ek egter agter dit raak moeilier om my mense agter te los…tyd sal egter leer wat beste is.

  4. @blikskottel

    Thanx vir hierdie insiggewende blog. Lieven loven!!! Ek het nie besef dis so ‘n reuse poging om olie uit die aarde te kry nie. Dis ‘n baie komplekse affêre en ek het waardering vir die omvang van die beheersisteme en jou rol daarin.

    As ek die taak moes kry om daardie olie uit te haal, wetende dit lê + 3 km onder die seevloer, het ek gesê “Kom ons ry liewer met perdekarre 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.