My eerste 20 van my top 40 lys as “One Man Band”
Julie 30, 2013 in Uncategorized
Vir baie jare het ek as one man band in pubs, restaurante en baie ander hole opgetree. Dit het my deur tye met min geld darem gehelp die lekker goedjies doen en bekostig wat baie ander appies seker nie kon nie.
Een van die eerste dinge wat ek gedoen het, was om te luister na ander mense en ook te sien watter liedjies die gewildste is in pubs. Die sogenaamde “standards”, was toe die eerste goed wat ek geoefen en begin speel het. Elke man se lys mag dalk anders lyk, maar hier is van myne en ek speel dit vandag nog. Eintlik is die lysie tot by nommer 40 en die hier genoem is nie noodwendig in enige volgorde nie.
1. Smoke on the water-Deep purple
2. I want to break free-Queen
3. Bad moon rising- Creedence Clearwater Revival
4. No woman no cry- Bob Marley
5. The wall- Pink Floyd
6. Cocain -JJ Cale
7. Jailhouse rock- Elvis Presley
8. Hey Jude- The Beatles
9. Black magic woman- Santana
10. Money for nothing- Dire Straights
11. Hotel Califormia – The Eagles
12. Crazy little thing called love- Queen
13. Babe-Styx
14. Country road- To many okes to mention
15. Outa in die langpad- Traditonal Afrikaans
16. In the mood- Glen Miller( I think)
17. You may be right- Billy Joel
18. Daniel- Elton John
19. Do you feel my love- Eddie Grant
20. Knocking on heaven’s door-Guns and roses version
tina10 het gesê op Julie 30, 2013
Ek onthou almal… wonder wat het van Deon met sy weeklikse treffers geword
blikskottel het gesê op Julie 30, 2013
Weet nie, dalk gatvol geraak vir die min mense wat nog hier is.
Bruggie het gesê op Julie 30, 2013
Jy was n op en wakker jong man
blikskottel het gesê op Julie 30, 2013
Is nog steeds, glo my.
issieALTYDhiernie het gesê op Julie 30, 2013
Jou lys is nice!!
blikskottel het gesê op Julie 31, 2013
Daar is nog baie ander ook, maar ja die musiek dink ek gaan nog lank gehoor word. baie van vandag se gemors sal nooit oorleef nie.
maryna het gesê op Julie 31, 2013
Jy speel seker baie goed as jy Dire Straits se Money for nothing kan speel. @blikskottel
blikskottel het gesê op Julie 31, 2013
Ek probeer my bes, maar daai ou is baie goed, ver beter as ek. Vir my is dit my stokperdjie en so nou en dan ekstra geldjie.