Toets van blog vriende

Julie 27, 2013 in Snaaksighede

Ek hoor altyd, of eerder  lees heeltyd van blog vriende. Nou elke vriendskap behoort getoets en gelouter te word, so hier gaan ek dit nou doen. Dit gaan dalk ook bewys hoeveel blog vriende ek het, indien enige.

Die werk as volg:

Elke ware blogvriend sal die voorreg kry om ‘n R1000 by te drae tot my groot droom om die item(wel een amper soos die een) hier te kan besit. Net 10 vriende en my droom kan waar word, sekerlik is dit nie teveel gevra nie. Ek mag dalk geseend wees en agterkom ek het 50 vriende en dink net hoe min sal elkeen dan hoef by te dra.

Baie groete en ek vertrou op almal.

14 antwoorde op Toets van blog vriende

  1. tina10 het gesê op Julie 27, 2013

    Dream on Boykie!

  2. Hei ek gaan nie vir jou R1000 gee dat jy ‘n kitaar kan koop om te verbrand nie!

    Ek drink dit liewer self!

    🙂

  3. pbroere het gesê op Julie 27, 2013

    Wat is jou nommer dan fax ek ‘n tjek ou tjom?

  4. Mmmm, sê my as dit werk dan doen ek dit ook ! 😉

  5. Sit eers gou ‘n video op sodat ons kan hoor of jy die talent het om ‘n kitaar so aan die brand te speel 🙂

    • Kan ek die laaste 25 jaar se gig lys opsit? Ek word betaal vir wat ek doen so ek kannie te sleg wees nie…en die outjie sal my net nog beter laat word want ek sal hom baie meer speel.

  6. klarisabet het gesê op Julie 27, 2013

    Ag nee wat…jy is nie n ware blogvriend nie. As jy in die klas van my ware internetvriende soos bv dr mamba uit nigerië en katalinka uit rusland was, het jy eers vir my vertel hoeveel geld jy vir my gaan gee as ek net my bank en id nommers verskaf, en hoe lank jy gesoek het om die laaste onselfsugtige mens op die planeet…dis nou ekke…op te spoor het om jou te help om jou afgestorwe tyk tante of iets se rykdom mee te deel….hierdie ‘direct approach’ van jou klink heeltemal verdag.

  7. Sorry Ek is uit Rand uit…..maar het nog so 10000000 Zim Dollar vir jou

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.