Hiekel of is dit jekel

Julie 23, 2013 in Uncategorized

In die straat waar ek groot geword het het ou Tannie Anna Scholtz gewoon. Sy het haar dae meestal omgebring deur perde te speel en te hiekel. Vir my was dit verstommend om te sien hoe daai groot antie met haar groot hande so maklik die mooiste lappies uit die funste gare kon maak. Nog meer verstommend was dat sy al die patrone in haar kop gehad het en omtrent nooit op die werk gekyk het nie, maar heeltyd na die mense met wie sy gepraat het.

Antie Anna kon ook een moerkse lekker koppie tee maak, iets wat haar hoog op my gewildheidsleer geplaas het.

Deesdae sien ek sulke tradisionele handewerk, soos kiekel en breiwerk is weer baie gewild en al hoe meer mense doen dit. My vrou, wat self erg handig is, is ook daarmee besig en ek moes darem spog met haar en haar eerste mussie.

12 antwoorde op Hiekel of is dit jekel

  1. Bruggie het gesê op Julie 23, 2013

    Gekuk met jou mooi , knap vrou. Jy’s n bevoorregte Blikskottel

  2. Hekel is ‘n moerske klomp werk – en hoe fyner die gare, hoe erger!

  3. tina10 het gesê op Julie 23, 2013

    Ai jy moet tog maar ‘n ou mussie aanstuur… maak dit maar kleinerig want die koppie sonder hare laat die gewone mussies in die oë sak!

  4. Ja die gehekel ding en so sit en praat en nooit kyk wat hulle doen nie….dis ‘n talent

  5. maryna het gesê op Julie 23, 2013

    Dis pragtig @blikskottel. Ek het onlangs ‘n swart gejekelde beret aangeskaf, vir die windverwaaide Kaapse weer. Maar self gaan ek dit nie eers probeer nie.

  6. Mooiste vrou,mooi mussie!

  7. ek-myself het gesê op Julie 24, 2013

    Mooi mus en mooi vrou. Ja dit is baie terug. Elke Vrydag het ‘n ou tannie in n baie donker huisie my ma leer doilies hekel, met die mooiste en fynste gare en krale… mens sal nooit so iets te koop kry nie. Ek was altyd saam, in die bietjie sonnetjie wat ingeskyn het gesit en tee (of iets anders) drink.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.