Party mense het net geen plan nie

Julie 16, 2013 in Fotografie, Snaaksighede

So in my spaartyd neem ek fotos vir mense en dis iets wat ek geniet. Ongelukkig kry ek net teveel mense wat dink hulle kan net tye rondskuif soos dit hulle pas. Wat het geword van ordentlikeheid deur stipelik te wees of veranderings vroegtydig deur te gee?

Dis so jammer diere fotografie kannie my onkostes dra nie, want tenminste jaag hulle nie my bloeddruk op nie. Die “kraalogies” kom baie in my tuin voor, maar hulle is moeilk om af te neem aangesien hulle so vinnig beweeg en meestal in digte bome voorkom. Na lank sit en probeer het ek die een uiteindelik mooi gevang.

 

9 antwoorde op Party mense het net geen plan nie

  1. @blikskottel ~ daar is duidelik te veel mense wat met die lewensmotto opgeskeep sit van : ” I love myself, who do you love ? ”

    ‘n baie mooi kiekieskoot ! as jy halwe appels tussen die bome se takke wegsteek bly sulke vrugtevretertjies langer stilsit …

  2. ek-myself het gesê op Julie 16, 2013

    Ja, vandag het mense nie respek vir ander se tyd nie. Ooh my ma was baie kwaai oor stiptelik wees. As pa te veel gedraai het en ons (van die plaas af) laat was vir kerk het sy geweier om in te gaan en in die kar te sit, syt geglo mens kom nie laat nie!
    Mooi foto

  3. tina10 het gesê op Julie 16, 2013

    Mooi een…
    Ek sorg eintlik altyd dat ek betyds is … en in vandag se dae met maklik kommunikasie kan mens regtig mense net laat weet

    Waar kan ek nog van jou DBV foto’s sien… grinnik… antwoord asb met @tina10

  4. pbroere het gesê op Julie 16, 2013

    Ek sit elke Sondag bottels suikerwater uit. Hulle vrek oor dit. Hulle hou ook nogal van ‘n sproeier, selfs in die winter.

  5. Lekker witogie prentjie!

  6. Ek het my kinders van kleinsaf geleer dat elke keer as hulle laat is,het dit ‘n kettingreaksie tot gevolg..iemand moet vir jou wag,daardie persoon is laat vir sy volgende afspraak,die volgende persoon word verontrief ens. Selfsug en onnadenkendheid is groot oorsake van laatwees.
    Mooi foto..een van my gunsteling voëltjies!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.