Jy blaai in die argief vir 2013 Junie.

Hardeskyf in sy kanon in..

Junie 4, 2013 in Snaaksighede

Vir jare pas ek nou my draagbare hardeskyf mooi op, maar met die nuwe werkplek se reis reelings mag ons niks op die helikopters vat nie en so moet ek toe maar my rugsakkie in die sisteem van Luanda se lughawe laat verdwyn. Die sak het ek weer gekry maar heellaas is die hardeskyg moer toe en tot my tandepasta buisie was gebars, Duidelik was die sak erg rof hanteer.

Nou kom die groot vraag of ek die data alles verloor het en of een slim IT seun sal kan help dit terug kry. Party goed is nie belangrik nie, maar ander goed is en dit het ek nlu weer agtergekom.

As jy weet van iemand wat kan help sonder om al my spaargeld in te palm, sal ek baie bly wees.

Bietjie oor Angola en Luanda

Junie 3, 2013 in Uncategorized

Gisteraand moes ek oorbly in Luanda voor vanmore se vlug na die olie produksie installasie waar ek tans werk. Met die dat ek nog ander Boere ook hier ken besluit tweervan ons toe om gou ‘n hamburger te gaan eet. USD20 verder het ek toe ‘n kaasburger en twee cokes afgewerk. Die burger het darem twee patties op gehad en genoeg kaas, maar sover ek kon sien was dit nog moer duur. Ons kon nie regtig iets anders eet nie want die res van die goed is ver buite normale mense se bereik. In die hotel sou die buffet ete on USD70 kos en dis nie juis iets om huistoe oor te skryf nie.

Die gewone mense hier kan natuurlik nooit die tipe goed bekostig nie, maar gelukkig is vars groente en vrugte orals op die strate te koop en alhoewel bekostigbaar is die pryse nog steeds erg as ek met RSA vergelyk. Omtrent elke mens het wel ‘n selfoon, dus het hulle geld en voel ek nie rede tot groot jammer vir hulle nie. Daar is wel heelwat straat ense en ek het ook heelwat sielsiekes opgemerk wat maar net so oorleef op wat hule ook al in die hande kry.

Luanda is verseker net ‘n lekker plek vir die politieke elite en die wat met hulle pelle is. Al die groot geld gaan reguit na hulle sakke en selfs ons maatskappy hardloop heeltyd in daardie werklikheid vas.