Minister van olie diefstal maak ‘n werker moerig

Junie 19, 2013 in Internasionale politiek, Misdaad, Snaaksighede

Vanmore hoor ek die storie by een van die Rooinekke wat saam met obs hier op die olie en gas installasie werk.

So week terug het ons besoek ontavng van ‘n spul hoogeplaastes(korrupte regerings amptenare en ministers van Angola). Alhoewel ons al vir maande lank al olie produseer het hulle dit goed gedink om amptelik die hele ding te kom open. So moet die spul toe nou skielik blyplek deel met van die werkers  en dis waar die poppo toe die fan slaan vir een Angolese werkers.

Die ou is nogal erg oor sy voorkoms en hy het van gesigroom tot haarstyleringsmiddel in sy kas, so hoor ek. Blykbaar het die imbesiel wat toe nou by hom moet oorbly geen tandeborsel of enige iets saamgebring nie en hy neem toe maar oor en gebruik sommer Lusianos se goed. Natuurlik bekak die homself toe amper en kla by al wat pommie baas is dat die kluite spat. Hulle weer lag hulle gatte af oor dit alles, wat weer die Anglees nog verder moerig maak.

Dis ook nou nie asof iemand die minisiter van olie diefstal gaan vertel hy moet sy eie sakkie met sy eie oogroom saambring in die toekoms nie…dit sou mos werkselfmoord wees, of hoe?

4 antwoorde op Minister van olie diefstal maak ‘n werker moerig

  1. ek-myself het gesê op Junie 19, 2013

    Ag nee… lekke smile ek nou!

  2. Hier het ook ´n klompie jaare gelede ´n besoeker aangeland en hy het te vertelle gehad, dat dit vir hom nie noodsaaklik is om met ´n tandeborsel te reis nie, want in die meeste badkamers ( seker in privaathuise) waar hy kom, is daar altyd iewers ´n tandeborsel wat hy dan sommer gebruik.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.