Gister was en was ook nie nie my dag nie.

Junie 15, 2013 in Snaaksighede

Ek vang so nou en dan vis en hier op die olie en gas installasie waar ek nou werk mag ons visvang. Ek het egter nognie eers moeite gedoen om hengel toerusting te bring nie, maar kyk darem wat die ander manne vang.

Gisteraand gee een van die ouens toe sy stok vir my om te probeer en daar slaan ek een moerse (20kg=) bul Dorado en land hom veilig na 35 minute se gespook. Dit was my eerste Dorado en met groot moeite en baie versigtig het ek hom weer veilig losgelaat ook. Dus was dit my dag….tot ek agtergekom het tussen al 12 van ons teenwoordig was daar nie een kamera of eers ‘n selfoon om die hele ding af te neem nie.

Dus was dit ook nie my dag nie.

12 antwoorde op Gister was en was ook nie nie my dag nie.

  1. vega het gesê op Junie 15, 2013

    Dorado is lekker vis. 20 kg klink vrek groot.

  2. Bruggie het gesê op Junie 15, 2013

    Waarvan hou jy op die oliebore ?

    • Ek hou van my spesifieke werk, die uitdaging, die goeie geld en die min belasting…o ja en om uit die siek RSA arbeids sisteem te wees.

  3. nou is daar geen bewyse nie!

  4. *grin*

    Dis ‘n vissermanstorie die!

  5. ek-myself het gesê op Junie 18, 2013

    Ag nee, geen bewys van die “ou vissie” nie… sad

  6. Hoe moet ons jou (julle) nou glo ;-).

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.