Jy blaai in die argief vir 2013 Junie.

Kop en gat

Junie 30, 2013 in Misdaad, RSA politiek, Snaaksighede

Ek weet nie aldag wat gat of wat kop in die land van ons is nie…..seker soos meeste ander mense ook.

Wat ek wel weet is dat meeste mense met hulle koppe in hulle gatte opgedruk loop en dit nie eers uithaal as hulle stem nie. Hoe anders kon dit wees sou hulle wel dit gedoen het.

Geen ANC

Geen Zoomer

Geen e-tol

BAIE min misdaad

Ek’s gatvol om ‘n land te moet deel met mense wat so deur die lewe ploeter.

na Mandela se dood…

Junie 27, 2013 in Internasionale politiek, RSA politiek

Wat dink julle, gaan ons moord en doodslag beleef of nie?

 

My blondie…en ‘n sement muur

Junie 25, 2013 in Snaaksighede

9 Jaar terug het ons besluit dat ons nie ons kinders in Johannesburg wou grootmaak nie. So kies ons toe Parys as die plek om dit te doen. My vrou wou nog altyd ‘n ou huis met plankvloere gehad het en toe die geleentheid kom toe vat ons hom.

Die groot agter erf was net ‘n bonus. Dit was in twee verdeel met ‘n sement muur, met die voorkant grasperk en die agterkant groente tuin. Die probleem vir haar was dat die grasperk te klein was. Dus wou sy die sement muur 15 meter terug geskuif kry en ek moes natuurlik dit doen. Daar en dan het ek besluit dit gaan nie en kannie gebeur nie. Om dit aan haar te prbeer verkoop was een moerske fout. Sy kannie nee vir ‘n antwoord vat nie en nog minder moet jy haar probeer vertel iets kannie gedoen word nie.

So vetrek ek toe land-uit om te werk soos altyd en die trippie vat toe bietjie langer as normaal. By my terugkoms was my tuin ingineur Jeremiah dadelik by en vertel hy my dat die miesies en hy die muur geskuif het. Eers dag ek die ou praat stront, maar daar is dit toe, die muur is 15 meter agtertoe. Jeremiah het net gereken sy het hom laat werk tot hy omtrent elke dag sy longe wou uitkots. Hy kon ooknie stop nie, want die miesies grou, kap en trek saam en hy wou darem ooknie sy naam gat loop maak nie.

Intussen het ‘n paar ander sulke gevalle ook gebeur waar sy netnie nee vir ‘n antwoord kon vat nie en ek het al aan paar planne gedink om haar te wys sy kannie alles regkry nie. ‘n Pel kom toe met die voorstel dat ek haar moet vertel dat geen mens meer as 10 keer per week liefde kan maaknie. Ek het maar net stilgebly en niks laat val oor die “plan”nie.

Genoeg is egter genoeg en as sy weer so iets aanvang, dan gaan ek daai plan gebruik…miskien werk alles uit en ek trek groot voordeel uit haar weiering om gewen te word.

 

he he he

 

 

 

Gister se slegte nuus..

Junie 22, 2013 in Misdaad

Ek was veronderstel om Maandag Luanda toe te vlieg en Dinsdag huistoe

…tot een idioot van ‘n Angolees nie sy werk gedoen het nie. Hy vier weke lank niks gedoen nie, terwyl hy geweet het daar moet ‘n visa aansoek gedoen word vir my aflos. Dis dieselfde idioot wat planne het om ons maatskappy se “Country manager” vir Angola te word. Mag dit nooit gebeur nie want dan word  ek gefire omdat ek hom gemoer het EN dit geniet het.

Die ou wat my moet aflos sal nou eers dalk teen die volgende Saterdag hier aanland vanaf Singapoer, ook net as alles perfek uitwerk van hier af.  Tough luck vir my reelings om die vakansietyd met my gesin deur te bring en dalk sneeu te gaan kyk.

Minister van olie diefstal maak ‘n werker moerig

Junie 19, 2013 in Internasionale politiek, Misdaad, Snaaksighede

Vanmore hoor ek die storie by een van die Rooinekke wat saam met obs hier op die olie en gas installasie werk.

So week terug het ons besoek ontavng van ‘n spul hoogeplaastes(korrupte regerings amptenare en ministers van Angola). Alhoewel ons al vir maande lank al olie produseer het hulle dit goed gedink om amptelik die hele ding te kom open. So moet die spul toe nou skielik blyplek deel met van die werkers  en dis waar die poppo toe die fan slaan vir een Angolese werkers.

Die ou is nogal erg oor sy voorkoms en hy het van gesigroom tot haarstyleringsmiddel in sy kas, so hoor ek. Blykbaar het die imbesiel wat toe nou by hom moet oorbly geen tandeborsel of enige iets saamgebring nie en hy neem toe maar oor en gebruik sommer Lusianos se goed. Natuurlik bekak die homself toe amper en kla by al wat pommie baas is dat die kluite spat. Hulle weer lag hulle gatte af oor dit alles, wat weer die Anglees nog verder moerig maak.

Dis ook nou nie asof iemand die minisiter van olie diefstal gaan vertel hy moet sy eie sakkie met sy eie oogroom saambring in die toekoms nie…dit sou mos werkselfmoord wees, of hoe?

Gadaffiduck se miljoene

Junie 17, 2013 in Internasionale politiek, Misdaad

Die armsalige en gelukkig dooie poepol,Ghadaffiduck,  het mos mildelik geld in die buiteland weggesteek. Daarom dat daar nou ook in RSA gesoek word na die geld.

Hy het ook erge groot bydraes tot die ANC se koffers gemaak en hule moet gedwing word om dit ook terug te gee. Natuurlik sal die bliksems alles probeer om dit nie te doen nie, maar dan moet ons howe ingryp en dit wel op hulle afdwing. Die terugbetalings moet uit ANC kofers kom en nie uit belastingbetalers se sak  nie.Ek wonder hoe die ANC se verkiesing veldtogte sou verloop het sonder die idioot se gesteelde buit? Dit kan selfs wees dat ons deur bedrog nog opgeskeep sit met die ANC in die kussings, maar hoe stel ons dit reg?

Die Afrika unie behoort ook alles wat hulle ontvang het terug te gee. Sonder daardie geld sal hulle in elkgeval nie eers kon voortbestaan nie, iets wat sover ek kan sien beter sou wees.

Elke dief behoort sy dag te kry en elke party wat geld by ‘n dief kry behoort ‘n bleddie langnaweek te kry…verlieslik in die tronk.

Gister was en was ook nie nie my dag nie.

Junie 15, 2013 in Snaaksighede

Ek vang so nou en dan vis en hier op die olie en gas installasie waar ek nou werk mag ons visvang. Ek het egter nognie eers moeite gedoen om hengel toerusting te bring nie, maar kyk darem wat die ander manne vang.

Gisteraand gee een van die ouens toe sy stok vir my om te probeer en daar slaan ek een moerse (20kg=) bul Dorado en land hom veilig na 35 minute se gespook. Dit was my eerste Dorado en met groot moeite en baie versigtig het ek hom weer veilig losgelaat ook. Dus was dit my dag….tot ek agtergekom het tussen al 12 van ons teenwoordig was daar nie een kamera of eers ‘n selfoon om die hele ding af te neem nie.

Dus was dit ook nie my dag nie.

Iets wat ek op FB raakgelees het en mye rg geraak het.

Junie 13, 2013 in Uncategorized

Die eienaar van ‘n troeteldier winkel was net besig om ‘n nuwe bord in die venster op te sit, “Hondjies te Koop”, toe ‘n jong seun by die kennisgewing kom staan en lees. Snaaks hoe kennisgewings soos dié altyd die manier het om veral kinders se aandag te trek.

“Vir hoeveel gaan oom die klein hondjies verkoop?” vra die seuntjie nuuskierig. So tussen R50-00 tot R80-00 ‘n hondjie” sê die eienaar. Die seuntjie steek sy hand in sy broeksak en haal ‘n klomp kleingeld uit. “Ek het R5.00,” sê hy. “Kan ek asseblief na die hondjies kyk?”

Die eienaar van die troeteldier winkel glimlag en gee ‘n fluit, uit die hondehok kom Lady, wat met die winkel gang afgedraf kom gevolg deur vyf klein haar bolletjies met pote. Die een klein hondjie was ver agter die ander vier. Die seuntjie het onmiddellik die klein hondjie opgemerk wat so ver agter die ander is en hy het gemerk dat die hondjie kruppel is. Hy vra toe, “Wat is fout met daardie klein hondjie?”

Die eienaar verduidelik toe dat hy die hondjie by die veearts gehad het om te kyk wat is fout. Die veearts het gesê dat die klein hondjie sonder ‘n heup gewrig gebore is en dat hy sy hele lewe mank sal wees.

Die seuntjie raak baie opgewonde en sê, “Dit is die hondjie wat ek graag wil koop.” “Nee, jy kan nie ernstig wees om daardie mank hondjie te wil koop nie. As jy hom regtig wil hê sal ek hom vir jou verniet gee want niemand sal die hondjie in elk geval wil koop nie.”

Die seuntjie het baie verontwaardig geraak en het die eienaar stip aangekyk en gesê, “Ek wil hom nie verniet hê nie, die hondjie is net soveel werd soos enige ander hondjie in die werpsel en ek sal volprys betaal. Inteendeel hier is solank R5.00 nou en elke maand sal ek R5.00 kom betaal totdat ek die hondjie klaar afbetaal het.”

Diep nadenkend antwoord die eienaar, “Jy moet doodseker wees want onthou die hondjie sal nie kan hardloop, spring en speel soos ander hondjies nie.”

Na die opmerking buk die seuntjie af en trek sy broekspyp op om sy kruppel en verwronge linkerbeen wat ondersteun word deur groot staal stutte te wys. Hy kyk op na die winkel-eienaar en antwoord saggies “Wel, ekself hardloop nie so goed nie en die hondjie het iemand nodig wat dit sal verstaan.” (Skrywer Onbekend)

Griekeland en die vlugteling uit die ooste

Junie 10, 2013 in Internasionale politiek, Misdaad

Nou die aand op BBC het hulle ‘n program gehad oor Griekeland wat die vlugtelinge uit Afghanistan en Sirie so sleg behandel. Goed word hulle beslis nie behandel nie en alles word gedoen om hulle so onwelkom moontlik te laat voel. Kan ek die Grieke kwalik neem? Nee gladnie, want hulle het genoeg stront van hul eie om reg te probeer maak en geld is skraps daaikant.

Wat my verder pla is hoekom die vlugteling almal Europa toe wil gaan en nie na ryk moslem lande soos Kwatar, UAE, Arabia ens nie.Dis tog hulle mense en hul eie geloof is daar die ding wat tingeling. Die ry7k moselm wetters wil hulle natuurlik ooknie vat nie en sien die mense as vegvee om Europa verder te oorstroom met moslems. Nie lank nie dan word hulle die gemors wat soldate keel af sny, bomme plant en probeer sharia wette op Europese land afdwing.

Ek dink Griekeland en ander begin nou eers sien watse lat hulle vir hul eie gatte gepluk het met die toelaat van midde oosterlinge en Afrikane. Die wiel draai en ek dink hulle kry in ‘n mate wat hulle verdien. Hulle dae van apartheid toepas is nader as wat hulle dink. Alternatiewelik sal hulle hele kultuur uitgewis word.

Kan daar vrede wees sonder waarheid en 1913?

Junie 8, 2013 in Internasionale politiek, Misdaad, RSA politiek

Deesdae smaak dit my almal kerm en kla oor alles, ek seker ook, maar een ding is ek seker van en dit is dat die waarheid en geregtigheid alleen vrede kan bewerkstellig.

Die eintlik rede vir die pos is die 1913 afsny datum wat die ANC so erg by staan vir grond eise. Sover ek kan sien is dit ‘n polities geinspireerde datum met net een doel nl om blankes sover moontlik uit die saak te skuif. Hulle weet al te goed dat as daardie datum bv 1890 was, dan sou die Boere republieke se herstel dadelik weer op die tafel wees, praat nie eers van al die Boere grond wat deur die Engelse afgevat is nie.

Solank ek asem haal sal ek nie ophou uitwys presies hoe boos die hele gedagte agter 1913 is in die saak nie. Hulle soek vrede en sal dit nooit met die tipe selektiewe datum spelery kry nie. Effektief straf hulle on Boere volk vir gemors wat deur Engeland gemaak is en ons behoort dit nie te aanvaar nie.