Deesdae maak die nuus my elke dag moerig

Mei 2, 2013 in Misdaad, RSA politiek

Die nuus is iets wat ek van hou om te volg, maar of dit goed is vir my, die weet ek nie meer nie.

As dit nie die regerings idiote is wat steel nie, dan is dit hul ondersteuners wat teel of self steel en moor. Dan praat ek nie eers van die Guptas en hulle spesifieke tipe kak wat ons land net besoedel nie. Duidelik is hulle en daai beenkop president van die staat goed kop in een mus, of eerder kop in die ander een se gat opgedruk.Ek hoop daai troue reen uit en dat ‘n insekplaag hulle dag en nag hondsleg maak.

Mense kry swaar en hulle kla steen en been, maar as iemand iets doen en hulle vra vir ondersteuning dan is almal se bekke en beursies toegemessel. Wel, aan die tipes, of julle iets doen of niks doen, dinge gaan verander en die wat nie reg is of deelneem nie gaan rape skyt. Kies dus nou jou kant of staan geisoleerd teen die regering, die banke en ekonomiese terroriste wat hulself as unie lede voorgee.

Ek’s gatvol vir slapgat mense…en gatvol vir die gemors wat die nuus elke dag net slegter maak.

6 antwoorde op Deesdae maak die nuus my elke dag moerig

  1. so ver my kennis strek behoort ons lugmag daardie vliegtuig afgeskiet het.

  2. tina10 het gesê op Mei 3, 2013

    Sjoe… mens hoor nie van die goeie goed nie want dis nie nuuswaardig nie, Jy veralgemeen darem woes,

  3. Ropie het gesê op Mei 26, 2013

    Mmmmm… het die lugmag nog vliegtuie wat kan vlieg en ook kan skiet? Ek vra maar net.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.