Vandag bars ek weer van trots

Mei 1, 2013 in Uncategorized

Vanmore toe ek my e-pos bekyk, sien ek dadelik een adres raak van wie ek nie baie e-pos af kry nie. My liewe dogter stuur ene om te laat weet sy het voorlopige keuring gekry om volgende jaar BSC Akturiele(dalk spelfout) wetenskappe by PUK te studeer. Al die jare se harde werk en veral die ekstra wiskunde klasse het toe gewerk en ek is so dankbaar dat ons dit kon bekostig. Nou is dit net vasbyt en die eind-eksamen ook goed agter die rug kry.

Wat kan enige pa meer vra as ‘n mooi, talentvolle, slim en baie sag geaarde dogter?… o ja en sy is net so hardwerkend as haar mamma.

 

 

 

Ek groet met ‘n lied in my hart.

8 antwoorde op Vandag bars ek weer van trots

  1. danie coetzee het gesê op Mei 1, 2013

    @blikskottel Baie geluk, julle mag maar trots wees.

  2. tina10 het gesê op Mei 1, 2013

    Aha is dit nou nie die lekkerste lekker nie! Baie geluk Ek is saam met julle trots

    *fluister* Jy is seker bly Johan is nie meer hier nie?
    *fluister* Jou horisonlyn is skeef… *koes*

    • blikskottel het gesê op Mei 1, 2013

      Ag Johan is ‘n stupid vulletjie…en ek kan die laaste stukkie kmmentaar vat, alhoewel ek dit doelbewus so gemaak het. Dis die kunstenaar in my se skuld.

  3. Brêkgat! 😀
    toemaar ek sou ook met so mooie dogter
    Baie geluk. Is lekker as mens se kinders suskses behaal

  4. As dit met ‘n mens se kinders goed gaan, gaan dit mos met jou ook goed. Jou inskrywing kikker sommer my gemoed op.

  5. Baie geluk! Sy is ‘n slimkop!

  6. ek-myself het gesê op Mei 3, 2013

    Geluk! Pragtige foto!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.