Die nuus is iets wat ek van hou om te volg, maar of dit goed is vir my, die weet ek nie meer nie.
As dit nie die regerings idiote is wat steel nie, dan is dit hul ondersteuners wat teel of self steel en moor. Dan praat ek nie eers van die Guptas en hulle spesifieke tipe kak wat ons land net besoedel nie. Duidelik is hulle en daai beenkop president van die staat goed kop in een mus, of eerder kop in die ander een se gat opgedruk.Ek hoop daai troue reen uit en dat ‘n insekplaag hulle dag en nag hondsleg maak.
Mense kry swaar en hulle kla steen en been, maar as iemand iets doen en hulle vra vir ondersteuning dan is almal se bekke en beursies toegemessel. Wel, aan die tipes, of julle iets doen of niks doen, dinge gaan verander en die wat nie reg is of deelneem nie gaan rape skyt. Kies dus nou jou kant of staan geisoleerd teen die regering, die banke en ekonomiese terroriste wat hulself as unie lede voorgee.
Ek’s gatvol vir slapgat mense…en gatvol vir die gemors wat die nuus elke dag net slegter maak.
Onlangse kommentare