Groener weivelde

April 23, 2013 in Belasting, Misdaad, RSA politiek

Deesdae lees ek gereeld in die nuus van die top SA rugby spelers wat met groot geld na die buiteland gelok word. Net vanmore was dit weer mijoene wat aan die Kirchner oukie van die Bulle aangebied is om in Ierland te gaan speel. Dis duidelik dat die buiteland besef ons het die spelers met die talent en dat die sisteem in RSA ryp if om spelers weg te rokkel. Die vraag is wat is die redes wat dit veroorsaak en sover ek kan sien is daar twee hoof redes:

1. Die regering sit eerder geld in die hopelose sokker spanne want die is basies pikswart en dit pas dus by hul rasgedrewe ideologie.

2. Politieke inmenging maak spelers voel hulle sal elders meer waardeer word.

Die spelers se sport is hulle werk en inkomste bron en hoe kan hulle kwalik geneem word. Hulle is tog niks anders as ek en die meer as 1 miljoen ander blankes wat al reeds die land verlaat het  of in die buiteland werk nie. Dis duidelik dat wanneer ‘n regime inmeng in dinge waar hy nie hoort nie, soek die mense uitkoms na groener weivelde. Die wat agterbly skyt dan net nog meer om huis en haard aan die gang te hou, veral as die mense wat skuif hul besighede toemaak.

Ek kan almal net sterkte toewens, ja selfs die wat Orania toe uitwyk en nog gaan uitwyk. Selfs daar is meer vryheid as in die res van die land.

 

8 antwoorde op Groener weivelde

  1. ek-myself het gesê op April 23, 2013

    Orania? Was jy al daar?

    • Nee, maar ek ondersteun die gedagte van die mense daar. Sal ek eendag na ‘n volksstaat wil skuif? Verseker, maar wanneer dit mypas.

  2. lora2me het gesê op April 23, 2013

    Ek is nogal hartseer as so baie mense weggaan, maar ek dink emigrasie is tog eintlik ‘n natuurlike, menslike ding wat die genepoel weer ‘n bietjie gaan opkikker daar in Oz en Kanada. Die dryfkrag vir emigrasie deur Suid-Afrikaners, is egter verkeerd, want almal behoort nou ‘n gelyke plek in die land te hê. Ons sal nooit kan saamwerk aan ‘n beter plek terwyl die ons-en-hulle mentaliteit voortbestaan nie. Ek lê die skuld voor die regering se deur omdat almal wat nie met hulle saamstem nie, as “vyande” beskou word. Dis nie baie dinamies nie en sal nog hul ondergang beteken.

    • Ek sit die skuld voor die mense se deur wat nie verstaan of wil verstaan dat elek volk net waarlik vry kan wees in ‘n eie land nie.

  3. tina10 het gesê op April 23, 2013

    Neeeeeeee liewe land! Spaar my daai dwarstrekkery sal my geheel en al nie pas nie. Dink net waaroor sal die witmense dan kla as daar nie swartmense is om die skuld op te pak nie?

    • Wat hulle ookal oor kla, dit sal beter wees as wat ons nou het. Die swart massas kla oor ons ook en hulle sal ook dan geen rede tot kla he oor blankes nie. Persoonlik gaan die ding vir my baie dieper, nl oor die oorlewing van my volk en kultuur en my kinders se toekoms om vrylik daarin te deel.

  4. Zane Kirchner se verlies is net wins vir ander meer talentvolle heelagters wat lank reeds beskikbaar is en met Heimlike Meyer se bloubulmentaliteit tans uit die Bokspan gehou word.

    Ek wag maar vir die gedwonge verskuiwings na die blanke tuislande wat te wagte is … 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.