My deel om die blogs aan die gang te hou.

Maart 16, 2013 in Uncategorized

Ek lees nou so dat mense dink die blog ding gaan dood loop..ek kan verstaan hoekom want ja ons is maar min. Hier is dus my beskeie bydrae om dit te probeer verhoed en vat dit tog maar met ‘n knippie sout.

Ek dink die pous is ‘n doos, nie noodwendig die persoon nie, maar die instelling.

Ek dink advokate is dose, nie almal nie, maar die instelling…behalwe die wat algemene reg ondersteun en nie siviele reg.

Ek dink volunteer politici is laer as slang dinges en behoort in tronke te wees om ons teen hulle te beskerm.

Ek  WEET bankiers is muil-dose…geen doel vir mens of dier.

Ek dink enige iemand wat nog ANC stem behoort wakker geklap te word.

Wetenskaplikes wat teorie as waarheid verkoop behoort dag in en dag uit onder hulle gatte geskop te word.

Daar is dit nou, soos een persoon voorgestel het, dis dalk nodig om oor godsdiens en wetenskap te stry ten einde die blog aan die gang te hou. Hoop my bydrae en die paar ekstras gaan help met die belangrike taak.

Nog 1 week dan gaan ek huistoe, jipee

..en amper vergeet ek, Bul ondersteuners julle suig snot.

12 antwoorde op My deel om die blogs aan die gang te hou.

  1. tina10 het gesê op Maart 16, 2013

    hehehehe… hoe lekker laat jy my lag… iemand gaan jou gat kom skop hieroor!

  2. amper dag ek dis ‘n ok-erige blog.
    EK IS ‘N BUL ONDERSTEUNER!!!!!!!!!!!
    So trek asb die laaste stelling terug of ek speel nie meer saam nie

    • Jammer, ek kan nie terug trek nie.
      Wat van “Die bul ondersteuners suig minder snot as die province ondersteuners en die hoof snotsuigers is daai famouse oos Kaapse rugby fandamilie?

  3. Tertius het gesê op Maart 16, 2013

    Ek stem saam met jou…veral oor daardie bul ondersteuners wat snot suig…briljante ene! 🙂

  4. Ja daar snuif die Bulle snot…

    Ek dink die blogs sal oorleef…as die handjie vol bloggers wat hier is die ding maak werk sal die ander….wat ek weet op die draad sit en kyk…een of ander tyd tog kom inloer

  5. Annanina het gesê op Maart 18, 2013

    Wel, ek is vandag eers weer “terug”, maar ek het ‘n aanlynforum. Ek sien meer mense besoek dit, maar minder mense praat. Dit wil voorkom asof die bewussyn van mense geskuif het. Hulle besef nou wat hulle op die internet skryf, kan getrace word. Mens moet dink voor jy tik. Dit beteken dat die beste bloggers nou glad nie meer die beste blogger is nie. Om woorde te tel, strem kreatiwiteit.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.