Watte naam vir ‘n straat?

Maart 15, 2013 in Misdaad, RSA politiek, Snaaksighede

Ek dink om ‘n naam soos “Pixley ka Isaka Seme” aan enige straat te gee is idioties. Selfs Kakstraat sou meer gepas gewees het, veral gegewe die manier wat die ekonomie lyk. Die Rand se val die afgelope tyd is verseker te danke aan swak ANC statute en  ou pravin se getjommel met pie-in-the-sky idees. Ek wonder of hy en sy gepeupel verstaan dat mens jou manier van doen en spandeer aanpas by jou inkomste en nie die inkomste by wat jy wil spandeer nie. Dis tog nie rocket science nie en hy is mos tipe van geleerd ook rondom die dinge.

Ek wil net vir hom en die hele massa ANC ondersteuners dankie laat weet vir die mooi verhoging wat hulle my laat kry het.

Ek is positief dat ek nog meer sulke verhogings gaan kry as hulle so aanhou om idioties op te tree.

Demmit, amper vergeet ek om die plaaswerkers, Costupido and al die mynwerkers wat so mildelik bydrae tot die stakings poging ook te bedank. Julle bydrae tot my inkomste word hoog wardeer.

12 antwoorde op Watte naam vir ‘n straat?

  1. helaas word enige persoon wat van sy belegging se inkomste afhanklik is, ook hierdeur geraak

    • Dis presies die probleem. Die mense gee nie om hoeveel skade hulle aan ander aanrig nie en die howe ook blykbaar nie. Lees gerus my vorige pos, dan sien jy juis hoekm ek so teen die siviele regsstelsel is en net algemene reg ondersteun.

  2. tina10 het gesê op Maart 15, 2013

    …sug…

  3. Al die nuwe name van strate kan ek nie uitspreek nie…
    Ek gebruik nog die ou name…hul se gatte

  4. Tertius het gesê op Maart 15, 2013

    Ja, name word links en regs verander en intussen krepeer mense van die honger, misdaad word as ‘n olimpiese sport bedryf ens ens. Dit is regtig om van te kots.

  5. Tertius het gesê op Maart 15, 2013

    Blikskottel, ek wil graag met jou gesels. Sal jy asb ‘n epos na my adres stuur – [email protected]

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.