Die nommer van die dier, ook die nommer van ‘n mens.

Maart 12, 2013 in Belasting, Internasionale politiek, Misdaad

Ek word geslag oor my idee dat die nommer wat die Bybel van praat, die een wat elke mens sal moet kry in die eindtyd, reeds aan elkeen van ons toegeken is. Die ding het relatief onlangs begin en vandag is elke mens omtrent genommer. Dis net ‘n kwessie van tyd voor daai “barcodeded” nommer dalk of op jou vel gaan moet pryk of dalk onder jou vel in ‘n rekenaarskyfie sal moet wees.

Dink daaroor, wat kan jy doen sonder jou ID nommer vandag? Net mooi Bokkeral.

Sover ek kan sien het die bronstydperk ou se vorospellings heel waar uitgekom.

8 antwoorde op Die nommer van die dier, ook die nommer van ‘n mens.

  1. tina10 het gesê op Maart 12, 2013

    Ek moet bietjie hieroor dink. Is dit noodwendig ‘n slegte ding?

    • Ja dit is. Hoekom moet enige mens genommer word. Ons is God se kinders, dus prinse en prinsesse, nie goedere of juristies persone nie. Vir 1000de jare kon ons regkom sondr die gemors, so hoekom het ons dit nodig? Ons het nie, maar die wat ons wil besit en beroof het dit nodig en meeste mense sien nie eers raak hoekom hulle swaarkry nie.

  2. maryna het gesê op Maart 13, 2013

    Moenie sleg voel nie, mense lag vir my ook 😉 maar ek dink die nommer waarvan die bybel praat, word self deur die bybel verklaar, so ook alle bybelse simboliek. Hebreeuse letters word ook in kombinasie met getalle verbind (Gematria) en kennis daarvan is handig.

    “…sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het. Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ’n mens; en sy getal is seshonderd-ses-en-sestig. (Openbaring 13:16.17,18)

    Die persoon wat bekend vir sy wysheid en verstand was, is Salomo. Dit is hoekom die “wysheid” en “verstand” hier te pas kom. (1 Konings 3:11, 12)

    “En die gewig van Salomo se inkomste aan goud in een jaar was seshonderd-ses-en-sestig talente goud” (1 Konings 10:14)

    Die nommer van die dier verwys na goud. Daarom sal niemand daarsonder kan koop of verkoop en kan leef nie, tensy hulle die “dier aanbid en sy merk” ontvang.

    Om hierdie rede was die onlangse repatriasie van al Duitsland se goud terug na Frankfort (letterlik Fort van die Franke, die historiese beskermers van die pous) ‘n monumentele oomblik, omdat dit saam die abdikasie van die ou pous en aankondiging van die nuwe pous loop. (Frank is sinoniem vir Rooms Katoliek).

    Kyk na die geskiedenis van die Rooms Katolieke kerk. Dit is wat weer aan die kom is. Kyk na die geskiedenis van Karel die Grote, vader van Europa. The Economist noem hulle politieke blogrubriek “European politics” nie verniet Charlemagne (Karel die Grote) nie!

    http://www.economist.com/blogs/charlemagne

    • Interresant. Ek kyk maar net na wat die Byebl se hoe gaan mense kan oorleef en sover ek kan sien is ons klaar in daai situasie dat sonder die nommer jy niks kan doen nie. Al nommer wat inpas is die ID nommer, iets wat eintlik baie onlangs eers op ons afgedwing is en meeste mense het geen clue hoe dit jou as slaaf bind nie. oor goud stem ek saam, maar sonder die nommer sal selfs daai goud jou niks help nie want jy sal ook geen beskerming he nie en beroof word sonder dat die korporatiewe staat jou sal wil beskerm. Persoonlik sal ek nog steeds eerder nie deel van die staat wil wees nie en dis waarheen ek oppad is. Vry onder algemene reg, nes die dag waarop ek gebore is.

      • maryna het gesê op Maart 14, 2013

        Julle het ander nommers, wat julle tydens die sensus opname gekry het wat deur die VN aangevra was. Lees die boeke Openbaring en Daniel saam vir ‘n verklaring van die “dier”, as jy belangstel.

        Jou insigte oor ‘n polisiestaat is baie interessant.

        • Jip, ek weet van daai barcode nommers ook en weereens het hulle mense belieg oor die redes vir dit. Is my insigte heeltemal verkeerd?

  3. Renier het gesê op Mei 3, 2013

    Dis waar, sonder jou id nommer kan jy niks doen nie, maar as jy ook gaan kyk na die merk van die dier sal jy sien dat die sesde letter in die Hebreeuse alphabet is w, dis gee dit jou www ook iets waarsonder jy niks is nie, want sodra jou nommer in n rekenaar ingetik word, word die internet gebruik om jou tussen miljoene ander uit te soek.

  4. ulodlupo het gesê op Junie 15, 2022

    order plaquenil pills buy hydroxychloroquine online cheap dr collins where can you buy hydroxychloroquine

Los ’n antwoord vir blikskottel. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

1 terugspoor