Pravin se storietjies suig…en hy is donners vervelig

Maart 1, 2013 in Belasting, Misdaad, RSA politiek

Sonder om snaaks te wees, ek dink Pravin se hele ou storietjie was eintlik een groot pot snot. Dit was net bedoel om die massas heppie te hou, vir die vampier elite bloed te laat aanhou vloei en die res wat werklik iets bydrae te beroof. Behalwe vir dit vind ek sy hele manier van optree vaal, vervelig en voorspelbaar. Smaak my deesdae is dit ANC beleid dat almal wat grootkoppe so oninspirerend as moontlik moet wees.

Nersa het, vol bravado, net 8% toegstaan an Eishbom en almal is besig om een of ander siek euforie te beleef. Ek wonder hoekom? In aggeneme hoe die ekonomie sukkel en gewone mense sukkel, moes die pryse eerder verlaag gewees het. Daar is geen manier wat enige verhoging van enige energie produkte tans moreel verdedigbaar kan wees nie. Die feit dat die regering so mildelik skep uit die produkte en dan 30+% van alles staatsinkomste verkwis, of sommer net steel, maak die hele ding net nog meer siek.

Hiermee verklaar ek nou dat ek Sasol en alle ander sogenaamde “convenience” winkels by vulstasies boikot. Hopelik sal baie mense dit doen en hulle dwing om die regering aan te vat oor brandstof pryse.

 

Genoeg is genoeg….kant en klaar,

 

FINISH!!!

 

10 antwoorde op Pravin se storietjies suig…en hy is donners vervelig

  1. kopkrapper het gesê op Maart 1, 2013

    Dan moet jy ( julle, ons , ‘almal’ ) met Engen se winkels begin – Engen het blykbaar amptelik besluit ( soos Woolworths destyds met hulle veelgeroemde RDP ) om geen vulstasie voorts in die bestuur van witmenshande te laat beland nie . SLEGS NIE-BLANKES sal in die toekoms hul stasies besit en bestuur …

  2. tina10 het gesê op Maart 1, 2013

    Sug, ongelukkig is jy reg.

  3. Deur die ore geboor deur ‘n regering wat niks voel vir sy mense nie.

  4. krokowaan het gesê op Maart 1, 2013

    een swaeltjie ——

  5. Ja hoekom moet Sasol se petrol dieselfde prys wees as ander petroleum name…

    Die vervaardiging van petrol uit steenkool….dit kos Sasol rofweg so R2 per liter om te maak

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.