Jy is dalk ʼn boer as…

Februarie 24, 2013 in RSA politiek, Snaaksighede

– jou regterarm bruiner is as jou linkerarm
– as jou voorarms dikker is as jou bo-arms
– as jy beter kan bestuur op die grondpad as op ʼn teerpad
– as 4 karre in ʼn ry rowwe verkeer is
– as jy versnel in plaas van rem as daar ʼn jakkals oor die pad hardloop
– as jy ʼn hek kan oop- en toemaak sonder om jou gesprek te onderbreek
– as jy skaapkraal toe stap in plaas van kafee toe as die vleis op is
– as hoender en vis vir jou tel onder groente
– as jy die woorde pyp, pomp, gat en Klimaks in een sin kan gebruik sonder om te dink dit is suggestief
– as jy al jou bure en hulle brandmerk op hulle vee ken en joune op ʼn gereelde basis daar gaan haal, dan boer jy dalk met bokke of dorpers!
– as jy na ʼn vrou se gesondheid verwys as haar “konstitusie”
– as jou honde net van pap en melk lewe
– as jy meer as 1 keer per week bloei sonder om te weet hoe het dit gebeur
– as jy drie stelle finansiële state aanhou. Een waarop jy amper bankrot is vir SARS, een waarop jy op die rand van miljoenêr is vir die bankbestuurder en een wat die waarheid is
– as jou Engelse woordeskat bestaan uit ‘yes’, ‘no’, ‘thank you’ en ‘Vat vrou! Hulle praat alweer Engels!’
– as jy eerder jou hemp sal uittrek as jou hoed afhaal.
– as jy alle mans met die hand groet en al die vrouens soengroet, veral vreemde mense!
– as jy dink ʼn meneer gee skool en al die ander mense kan aangespreek word as ‘oom’ en ‘tannie’
– as jy ingeskryf is op die Landbouweekblad en elke week uitsien na Werfbobbejaan
– as jy liewer is vir jou trekker as jou skoonseun
– as jy kan sê watter kant toe die wind waai sonder om jou vinger nat te lek
– as ‘Afrikaners wat saamstaan’ vir jou beteken die beeste is in die kraal
– as jy op die 5de Junie nog ʼn kortbroek dra
– as jy dink metro-man is die nuwe naam vir moffies
– as jy verwys na ʼn mof as ʼn skaap en ʼn moffie as ʼn metro-man
– as jou jaarlikse dankoffer skaap ‘mowwe’, bees of graan insluit
– as jou werknemers jou ‘Lanie’ noem en jy nie omgee nie
– as jy die weer beter kan voorspel as die SABC
– as jou radio iewers tussen 100 en 103 staan
– as jy meer buite pipi as in die huis
– as jy elke keer moet gaan was en mooi aantrek as jy ʼn kar hoor aankom
– as jy die woord ‘gel’ net gebruik in sinne soos ‘gel, maar dit is koud’ of ‘gel, maar nou is ek honger’

5 antwoorde op Jy is dalk ʼn boer as…

  1. Eish die boere gaan jou roer!

  2. tina10 het gesê op Februarie 25, 2013

    Grinnik… skerp!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.