Van trots en met planke doodslaan

Februarie 20, 2013 in Uncategorized

Party dae is ek een van daai mense wat my kinders met planke wil doodslaan. Dan kom daar ookdae wat ek nie kan glo hoe gelukkig en trots hulle my en my vrou maak nie. Dis sulke dae wat ek besef dat streng en konservatiewe Christelike opvoeding verseker in ons geval baie goed gewerk het.

My seun van 22 is die jaar besig met sy eerste meestersgraad jaar (BCS Natuurwetenskappe) nadat hy laasjaar sy honeur cecum het. Vanmore kry ons die nuus dat hy as beste nagraadse student in sy fakulteit aangewys is, asook beste nagraadse student aan die universiteit en vroulief is skoon aan’t tjanke oor die foon….okay darem nou nie soos ‘n Pedi tydens ‘n begrasfnis nie, maar die trane het gerol.

Vandag is ek bly dat ek vir my kinders geleenthede kon gee wat my nooit beskore was nie. Al vat dit baie weg wees van my gesin, huis en land af, is dit tog alles die moeite werd.

16 antwoorde op Van trots en met planke doodslaan

  1. Veels geluk vir hom en ook sy ouers!

  2. Hartlik geluk!

  3. vega het gesê op Februarie 20, 2013

    Vee eerder jou eerste sin uit. Ek bedoel dit goed, maar om te sê jy wil jou kinders met planke doodslaan al is dit ‘n ‘figure of speech’ kan jou in GROOT moeilikheid bring en mens sê dit anyway nie, al dink jy dit. En geluk met jou seun se prestasie.

    • Nee wat, ek sien geen kwade bedoelings nie en ons rekord is silver skoon. Vir die wat iets leliks in alles wil sien kan ek nie ook nog omgee nie. Vir my vrou en kinders se beskerming sal ek doodmaak as dit moet…en ja dis seker ooknie polities korrek nie.

  4. Latino het gesê op Februarie 20, 2013

    Baie geluk. Jy en vroulief het rede om trots te wees.

    • Ek voel ook so en volgende jaar is ons laaste enetjie ook oppad universiteit toe. Ons hoop vir haar vir 5 onderskeidings in matriek, maar ek sal heppie wees met net een in wiskunde en tans doen sy fantasties in alles.

  5. Lekker op so te kan spog! baie geluk.
    Dit hier by ons ook vele ontberings veroorsaak om die kinders geleentheid te gee vir studeer.
    Ek het altyd gedreig om my kinders met ‘n lang komkommer disnis te slaat! ( en het toe nooit – mar dis seker ook nog nie te laat nie. 🙂 )

    • Niks is ooit te laat nie, maar vir die beste part sal ek verseker nooit sommer net aan hulle slaan nie…alhoewel ‘n goeie pak slae so nou en dan wondere verrig het.

  6. tina10 het gesê op Februarie 21, 2013

    Baie geluk! Dis ‘n groot genade.

  7. Ag nice!

    Geluk daar!

  8. Ek wil ook partykeer in een asem my kind teen die kop klap en in die ander een hom STYF vasdruk teen my bors. Baie geluk vir jou seun se prestasies!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.