Oudword en ekke

Februarie 18, 2013 in Snaaksighede

Ek dink ek begin oud word.

So paar dae terug lees ek in een van my vrou se tydskrifte die volgende(vertaal sommer so by my selwers):

Wat dink klein kinders is liefde?

Jannie: “Liefde moet wees wanneer pappa huistoe kom en hy stink na sweet en is baie vuil…en mamma vertel nog steeds vir hom hy is sexier as Robert Redford”

Daai ding het my skielik erg tranerig laat voel en meeste van alles baie trots want ek weet hoe my vrou ook oor my voel.

Robert, jy kan maar loop slaap, my blond verkies my, warts en all!!

9 antwoorde op Oudword en ekke

  1. tina10 het gesê op Februarie 18, 2013

    Nee mens die fout lê by die tydskrif Robert Redford is 77jaar oud – dit moet ‘n baie ou tydskrif wees.

  2. Ag dis lekker om te WEET iemand is lief vir jou!

  3. @blikskottel
    Yes – liefde is ‘n snaakse ding. Ek bewonder Nommer Een wat al die jare saam met my is en steeds dink ek is haar Robert Redford!

  4. Dis wat ware liefde is!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.