“white bitches”, woorde wat wys wie haat wie!!

Februarie 12, 2013 in Misdaad, RSA politiek

JOHANNESBURG. – ’n Jong sangeres en haar gesin was byna kapingslagoffers toe vyf mans hulle in hul minibussie wou aanval en niemand in die motors agter hulle hulle oor die aanvallers gewaarsku het nie.
“Daar het karre agter ons gestaan. Niemand het eens ’n toeter geblaas en ons probeer waarsku dat mans langs ons kar is nie,” het Gloria Smit gistermiddag in hul huis op Parys oor die voorval Saterdagaand vertel.
Volgens Smit het sy en haar dogters, Lizelle (17), ’n sangeres wat ook as ekstra in die sepie 7de Laan optree, en Bianca (21), Saterdag ná die opname van ’n musiekvideo in Pretoria na haar seun se huis in Johannesburg gery. Sy het die Malibongwe-afrit van die N14 geneem en agter ander voertuie by die verkeerslig gestaan en wag.
“Ek het op die voertuie en verkeersligte voor my gefokus toe Lizelle skielik agter in die bussie begin skreeu het en Bianca, wat op die passasiersitplek gesit het, vir my sê: ‘Ry ma, daar is ’n man by die venster.’”
Bianca, wat tans saam met haar suster as ekstra in die reeks High Rollers op SABC3 optree, het vertel: “Ek sien nog steeds die man se wrede oë en tande soos wat hy op ons geskreeu het:

‘Open up the window you white bitches, tonight we kill you.’”

6 antwoorde op “white bitches”, woorde wat wys wie haat wie!!

  1. tina10 het gesê op Februarie 12, 2013

    Ai toggie …dis sleg

  2. ……………………..

  3. By die universiteit van die vrystaat was daar ook ‘n paar jaar gelede ‘n geval waar daar geskree is “we will rape white bitches”…wat is daaraan gedoen? absoluut niks. Dit is mos blykbaar net blankes wat rassisties optree.

    • Dis net stupid mense wat reken swartes en ander kan nie rassisties wees nie. Dis in elke mens se DNA en niemand kan dit verander nie. Wat ons wel kan verander is die omstandighede wat dit laat manifesteer.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.