8 vrees-ure in kluis

Januarie 8, 2013 in Uncategorized

8 vrees-ure in kluis
2013-01-06 21:46

’n Boer van die distrik Villiers het gisteraand om sy lewe geveg nadat aanvallers hom in die maag geskiet en hy byna agt uur lank saam met sy vrou in hul kluis toegesluit was.

Jannie du Plessis (64) van die plaas Gretna Green is gistermiddag in ’n kritieke toestand per helikopter na die Unie-hospitaal op Alberton gebring.

Sy vrou, Stinnie (59), wat haar man aan die lewe moes hou deur met hom te praat en die wond toe te druk, is gister in die Riemland-kliniek op Frankfort opgeneem waar sy vir skok behandel is.

Du Plessis se broer, Johan, wat sowat 8 km van daar op ’n buurplaas boer, sê dit is ’n wonderwerk dat sy broer die aanval oorleef het.

“Hulle (die aanvallers) het nie vrae gevra nie. Hulle het hom summier geskiet.”

Die koeël wat deur sy broer se maag is, het sy rugstring skrams gemis.

Die egpaar het omstreeks 04:00 geslaap toe twee rowers in die donker slaapkamer met ’n flitslig inkom.

Johan sê die aanvallers was baie spesifiek oor wat hulle wou hê: “Hulle het ‘daardie diamantring’ en ‘daardie geldtassie’ gevra.”

Stinnie het die kluis oopgesluit. Die rowers het geld, ’n haelgeweer en ’n rewolwer gesteel.

Hulle het Jannie aan sy voete uit die bed gesleep en saam met sy vrou in die donker kluis toegesluit.

Albei is met draad vasgebind.

4 antwoorde op 8 vrees-ure in kluis

  1. Ek hoop hierdie bliksems word gevang. Hoe raak mens ontslae van hierdie diere in ons land?

    • Jy kannie. Die enigeste werkbare oplossing is om elke volk sy eie land te gee waar hy himself kan wees en homself kan verdedig. RSA is nie so ‘n plek nie en dis duidelik dat die moorde nooit gaan ophou nie en die hoofrede is rassisme wat manifesteer omdat mense teen hul wil saamgedruk word.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.