Slegte begin vir die nuwe jaar

Januarie 4, 2013 in Misdaad

Rowers skiet pa, honde dood
2013-01-03 22:21

In plaas daarvan om Kersdag saam met die familie deur te bring, het ’n gesin van Rustenburg op dié dag gereël dat hul steunpilaar na die lykshuis geneem word.

Wentsel Smit (40), ’n vragmotor­bestuurder wat saam met sy vrou, Lynette (33), en twee maande oue baba, ook Wentsel, op ’n hoewe sowat 25 km buite Rustenburg in die Spruitfontein-omgewing gewoon het, is minute ná middernag noodlottig gewond.

Die gesin se honde is ook doodgeskiet. Nadat sy hulle begrawe het, het Lynette Maandag een van die karkasse voor haar deur aangetref.

Volgens haar het sy op Oukersdag skuins voor middernag opgestaan om die egpaar se enigste kind, vir wie hulle 13 jaar gewag het, te voed.

“Ek het vir klein Wentseltjie sy bottel gegee, maar het ’n snaakse gevoel gehad dat iemand my dophou en na die ander bank geskuif.

“Wentsel het sy seuntjie se winde uitgevryf en ek het hom vertel van my voorgevoel. ‘My vrou, moet jou nie bekommer nie. Alles is gesluit, ons is orraait,’ het hy nog gesê.”

Die egpaar het kort daarna gaan slaap, maar enkele minute later gelyk wakker geskrik toe twee rowers voor hul bed staan.

“Van skrik het Wentsel regop gekom en die eerste skoot het hom in die linkerskouer getref.

“Die rowers het na die sitkamer reg langs die kamer beweeg en toe Wentsel opvlieg en op hulle afstorm, het die tweede skoot hom van bo af getref en is deur sy ingewande. Hy het net daar geval.

“Ek het histeries aan die gil gegaan en probeer om Wentseltjie te beskerm toe die derde skoot my in my bors tref. Dit was gelukkig net ’n vleiswond, maar is steeds geweldig seer.”

Lynette, wat motors by die NG kerk Bergsig in Rustenburg bewaak, het swaar gesluk aan “die knop in haar keel” terwyl sy vertel het hoe sy langs haar man op die grond gaan sit en kyk het hoe die rowers twee skootrekenaars en twee selfone steel.

“Hulle is uiteindelik daar weg met die bakkie se sleutels, maar sonder die bakkie. My honde is ook doodgeskiet.

“Ek het my honde begrawe, maar toe ek Maandag tuis kom, lê een weer voor my deur. Ek kan steeds nie slaap nie en is baie bang vir die donker.”

Wentsel se oudste broer, Johan, het gesê hy het om 00:10 die oproep gekry dat sy broer en skoonsuster aangeval is.

“Toe ons saam met die polisie daar aankom, was Wentsel as dood.

“Hy was die rustigheid vanself. Ek kan nou niks daaraan doen nie, maar voel baie verbitterd daaroor. Dit is wild.”

Wentsel is eergister vanuit die NG kerk Bergsig begrawe.

 

12 antwoorde op Slegte begin vir die nuwe jaar

  1. tina10 het gesê op Januarie 4, 2013

    Ai dis sleg

    • Ja antie, maar nog steeds wil mense my probeer oortuig dat ons in dieslefde tuig as die swart oormag kan en moet trek…dit is soos om net te sit en wag om toetentaal uitgewis te word.

  2. It’s a sad, sad world we life in……

  3. Tertius het gesê op Januarie 4, 2013

    Uiters tragies.

    Moord, verkragting, korrupsie en ander euwels is omtrent nou al ‘n nasionale “sport” in ons land.

    Ek sal bitter graag moordenaars en verkragters aan galgtoue wil sien hang en die res in die son wil sien klippe kap.

    • Dis erger as dit, lees gerus:
      Jillian Alcott
      4:32pm Jan 3
      In South Africa in 2012 there were 461 recorded hatecrime-attacks (80 percent of which were deadly) and which also included 197 ‘dehumanisation incidents” which included sexual mutilations and long periods of gruesome tortures of mostly Afrikaner-families. Very small children and the elderly also were not spared in these frantic hatecrimes, which were invariably carried out by young heavily armed black male gangs. The motivation clearly was not ‘ordinary crime’ as often, very little of any value is ‘stolen’. The murder-rate in 2012 amongst the minority- Afrikaners is 100 per 100,000/per population : there are 3,5-million Afrikaners in SA and about 500,000 English-speaking white South Africans.. The proportional murder-rate amongst Black South Africans is 30 per 100,000 (total 47million blacks) and these often consist of family-related crimes – whereas the murder-attacks against Afrikaner families have a genocidal nature — according to the US-based international organisation to prevent genocide who sent two representatives to South Africa to investigate the extraordiny crimes the Afrikaners are being targetted with: GenocideWatch.org. Clearly the white Afrikaner families are being murdered way out of proportion to their small numbers in South Africa (which has a population with at least 47-million blacks) whites and Genocide Watch warned in April 2012 that the Afrikaners should try to leave the country where they have lived for 350 years, as soon as they can.
      Reports | FarmiTracker
      http://www.neo-genocide.com

      • Tertius het gesê op Januarie 4, 2013

        Dankie vir die inligting.

        Een van die baie dinge wat my hoogs die moer in maak, is diegene in die sogenaamde “liberale” garde wat blykbaar van mening is dat Genocide Watch eensydig is en dat hulle die ANC net wil swartsmeer. Dit komende van die spul kognitief-behepte skepsels wat altyd wil hê dat iets op navorsing gebasseer moet wees. Die groot grap is dat Genocide Watch JUIS hulle navorsing volledig en noukeurig doen. Hulle inligting rondom Suid-Afrika se misdaadsyfers ens. is baie akkurate gedokumenteerde feite. En dan is daar steeds mense wat val vir die ANC se leuens van “misdaad neem af”.

  4. Ons lewe in ‘n siek wereld!

  5. maryna het gesê op Januarie 4, 2013

    Ek ween in my hart.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.